한국   대만   중국   일본 
Dubbelpunt - Wikipedia Gaan na inhoud

Dubbelpunt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Dubbelpunt.

'n Dubbelpunt is 'n leesteken gevorm deur twee punte bo op mekaar te plaas.

Dubbelpunt as leesteken [ wysig | wysig bron ]

Wanneer die dubbelpunt as leesteken gebruik word, is daar geen spasie voor die dubbelpunt nie, maar wel 'n spasie na die dubbelpunt.

Die dubbelpunt word gebruik om ' n reeks sake wat in 'n sin opgenoem word , in te lei. Byvoorbeeld:

  • Suid-Afrika het drie riviere wat in die Atlantiese Oseaan invloei: die Oranje-, Berg- en Olifantsrivier.
  • Onthou om die volgende saam te bring: slaapsak, flits, waterbottel en hoed.

'n Dubbelpunt word gebruik voor 'n aanvulling of 'n verduideliking wat na ’n voorafgaande sin verwag word. Byvoorbeeld:

  • Jy moet kennis neem: Die duiwel haal jou wanneer jy laat is!
  • Die reel is duidelik: samestellings word vas geskryf.

Die dubbelpunt word gebruik voor woorde wat in die direkte rede aangehaal word. Byvoorbeeld:

  • Professor Smith se: “Sorg dat julle julle opdragte betyds inhandig.”
  • Willem verduidelik: “Vir alle praktiese doeleindes is die Suid-Afrikaanse riviere nie bevaarbaar nie.”

Dubbelpunt in tegniese notasie [ wysig | wysig bron ]

As die dubbelpunt gebruik word om  deling in wiskunde  aan te dui, kom daar 'n spasie voor en na die dubbelpunt. Byvoorbeeld:

  • d : a = c : b
  • 300 : 3 = 100

By  wiskundige verhoudings  moet daar nie spasies weerskante van die dubbelpunt geplaas word nie. Byvoorbeeld:

  • Die verhouding van laerskool-  tot hoerskoolleerlinge is 15:8 .

As daar na 'n teks verwys  word (soos 'n Bybelvers, of in akademiese literatuur), kom daar gewoonlik nie 'n spasie voor of na die dubbelpunt nie. Byvoorbeeld:

  • Ons vind die woorde in Psalm 81:4.
  • Verwey (2008:87) het oortuigend aangetoon dat...

Daar kom ook geen spasies voor of na die dubbelpunt in  tydnotasie  nie. Byvoorbeeld:

  • Die aanbieding begin om 18:30.

Hoof- of kleinletters na die dubbelpunt [ wysig | wysig bron ]

  • Indien daar 'n volsin op die dubbelpunt volg, begin daardie volsin met 'n hoofletter.

Bv: Hiervan kan jy seker wees: Die son gaan more skyn.

  • 'n Woord of frase wat op 'n dubbelpunt volg, word met 'n kleinletter geskryf. Bv: Hy kan net een ding se: nee.

Bron [ wysig | wysig bron ]

Afrikaanse woordelys en spelreels , 2017. Kaapstad: Pharos

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]