Die
Drie-eenheid-klooster
of
Drie-eenheid-lawra van Sint Sergius
(
Russies
: Тро?ице-Се?ргиева ла?вра; Trojitse-Sergijewa lawra) is die belangrikste
Russiese
klooster
en die spirituele sentrum van die
Russies-Ortodokse Kerk
. Dit is in die dorp
Sergijef Posad
gelee sowat 70 km noordoos van
Moskou
op die pad na
Jaroslawl
. Daar woon tans meer as 300 monnike.
Die klooster in in
1345
gestig deur een van Rusland se mees geeerde heiliges,
Sergius van Radonezj
, wat ’n houtkerk op die Makowets-heuwel gebou het ter ere van die
Heilige Drie-eenheid
. Die vroee ontwikkeling van die kloostergemeenskap is goed geboekstaaf.
In 1355 het sint Sergius ’n handves opgestel vir die bou van bykomende geboue, soos ’n eetsaal, kombuis en bakkery. Die handves was ’n model vir sy vele aanhangers, wat meer as 400 kloosters regoor Rusland gebou het, onder andere die bekende
Solowetski
,
Kirilof
en
Simonof-klooster
.
Sint Sergius het
Dmitri Donskoi
gesteun in sy gevegte teen die
Tatare
en het in 1380 twee van sy monnike gestuur om aan die
Slag van Koelikowo
deel te neem. Die klooster is in 1408 deur ’n brand verwoes tydens ’n
Tartare
-strooptog.
Sint Sergius is in 1422 tot heilige van die Russiese staat verklaar. In dieselfde jaar is die eerste klipkatedraal, die Drie-eenheid-katedraal, gebou deur ’n span
Serwiese
monnike wat na die
Slag van Kosowo
in die klooster geskuil het. Die oorskot van sint Sergius kan steeds in die katedraal gesien word. Die vernaamste ikoonskilders van
Middeleeuse
Rusland,
Andrei Roeblef
en
Daniil Tsjorni
, is aangestel om die katedraal met
fresko's
te versier. Die koninklikes van Moskou is tradisioneel hier gedoop en talle dankseggingsdienste is in die katedraal gehou.
In 1476 het
Iwan die Grote
verskeie meesters van
Pskof
gevra om die Kerk van die Heilige Gees te bou. Hierdie pragtige gebou is een van die min oorblywende voorbeelde van ’n Russiese kerk met ’n kloktoring bo-op. In die vroee 16de eeu het
Wasili III
die Nikon-anneks en die Serapion-tent bygevoeg waar baie van sint Sergius se dissipels begrawe is.
Dit het 26 jaar geduur om die Oespenski-katedraal met sy ses pilare te bou. Opdrag vir die bou daarvan is in 1559 deur
Iwan die Verskriklike
gegee. Dit is baie groter as die kerk met dieselfde naam in die
Moskouse Kremlin
. Die pragtige ikonostase (beeldewand) van die 16de tot 18de eeu bevat
Simon Oesjakof
se meesterstuk, die ikoon van die
Laaste Avondmaal
. Die binnemure is in 1684 deur ’n span meesters van
Jaroslawl
beverf met violet en blou fresko's. Die oorskot van
Boris Godoenof
, sy familie en verskeie 20ste-eeue patriarge is in die katedraal.
Namate die klooster een van die grootste grondeienaars in Rusland geword het, is die woud waar dit gestaan het afgekap en ’n dorpie (posad) het om die klooster ontstaan. Dit het geleidelik ontwikkel in die moderne dorp
Sergijef Posad
.
In die 1550's is ’n houtheining om die klooster vervang deur 1,5 km lange klipmure met twaalf torings wat aanvalle van buite help afkeer het.
Teen die 17de eeu, toe die jong
Pieter die Grote
twee keer in die klooster van sy vyande geskuil het, is verskeie geboue bygevoeg. Dit sluit ’n klein
Barok
-paleis van die patriarge in wat bekend is vir sy luuksueuse interieur, asook ’n keiserlike paleis. Die eetsaal van sint Sergius, wat 510 vierkante meter beslaan het, was die grootste saal in Rusland. Die Kerk van die Geboorte van Johannes die Doper (1693?1699) met sy vyf koepels is deur die
Stroganofs
laat bou bo-oor een van die hekke. Ander 17de-eeuse strukture sluit in die monnike se selle, ’n hospitaal met ’n kerk en ’n kapel wat oor ’n heilige put gebou en in 1644 ontdek is.
In 1744 het
keiserin Elisabeth
die status van
lawra
aan die klooster gegee. Die aartsbiskop van Moskou is sedertdien ook die opper-ab van die lawra. Elisabeth het die klooster dikwels besoek saam met haar vriend
Aleksei Razoemofski
, wat ’n Barok-kerk laat bou het vir die Maagd van Smolensk. Dit was die laaste groot kerk wat daar gebou is. Elisabeth het ook ’n wit-en-blou Barok-kloktoring laat bou wat toe op 88 meter een van die hoogste geboue in Rusland was.
Deur die 19de eeu het die lawra sy status behou as die rykste Russiese klooster. Dit het ’n uitstekende versameling boeke en manuskripte gehad wat duisende besoekers gelok het.
Na die
Russiese Rewolusie
van 1917 het die
Sowjet
-regering die lawra in 1920 gesluit. Die geboue is aan verskeie burgerlike instellings toegeken of het museums geword. In 1930 is die klooster se klokke, onder andere die Tsaarklok van 65 ton, verwoes. Baie waardevolle artikels het ook verdwyn.
In 1945, na
Josef Stalin
se tydelike verdraagsaamheid teenoor die kerk tydens die
Tweede Wereldoorlog
, is die lawra aan die Russies-Ortodokse Kerk teruggegee. Op
16 April
1946
is die eerste erediens weer gehou. Die lawra het die setel van die Moskouse Patriargaat gebly tot in 1983, toe die patriarg toegelaat is om na die
Danilof-klooster
in Moskou te trek. Die klooster is steeds een van die belangsrikste sentrums vir goedsdienstige opvoeding. Belangrike restoureerwerk is in die 1960's en 1970's gedoen. In 1993 het dit die
VN
se
Werelderfenislys
gehaal.
|
---|
| Sentraal
| | |
---|
Suidelik
| |
---|
Noordwestelik
| |
---|
Verre-Ooste
| |
---|
Siberie
| |
---|
Wolga
| |
---|
Noord-Kaukasus
| |
---|
1
Gedeel met
Litaue
?
2
Gedeel met nege ander lande ?
3
Gedeel met
Mongolie
|