in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Drank
is 'n
vloeistof
wat deur
mense
genuttig word. Dit word deur die
mond
ingeneem (gedrink). Ondanks die feit dat alle drankies
water
bevat, word water self nie as drank geklassifiseer nie. Naas die fundamentele behoefte om vloeistowwe vir oorlewing in te neem, speel drank ook 'n groot rol in die kultuur van die menslike samelewing.
Drankies soos
tee
en
koffie
(
espresso
,
cappuccino
, ens.) word as warmdrankies beskou. Hierdie drankies word gewoonlik met warm water, warm
melk
of iets soortgelyks voorberei. Daarteenoor word vrugtesap en koeldrank gewoonlik koud bedien.
Gaskoeldranke soos
Coca-Cola
en
Creme Soda
bevat
koolsuurgas
. Die koolsuurgas kan as borreltjies in die drank waargeneem word en verskaf 'n sprankelende tekstuur.
Daar word ook tussen alkoholiese en nie-alkoholiese drankies onderskei. Alkoholiese drank bevat
etanol
, beter bekend as alkohol (hoewel die definisie van "alkohol" ook verskeie ander verbindings omvat).
Bier
word al ongeveer 8 000 jaar lank deur mense genuttig.
[2]
Wyn
dateer terug na ongeveer 6 000 voor
Christus
en het waarskynlik sy oorsprong in die landgebiede wat binne die grense van
Georgie
en
Iran
val gehad.
[3]
[4]
Nie-alkoholiese drankies verwys dikwels na drank, soos bier en wyn, wat normaalweg alkohol sou bevat, maar minder as 0,5 persent alkohol volgens volume het. Die kategorie sluit drankies in waarvan die alkohol verwyder is, soos nie-alkoholiese biere en wyne.