in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Doop van Jesus
makeer volgens die
Evangelie volgens Markus
(1,9?11)
[1]
die oorgang van
Johannes die Doper
se preke na
Jesus
se openbare optrede.
[2]
In die twee ander sinoptiese evangelies gaan die geboorteverhale vooraf (
Matteus
3,13?17;
[3]
Lukas
3,21?22).
[4]
Terloops verwys die evangelis Johannes in
Johannes
1,29?34 na die doop van Jesus. Daarbenewens word dit in die
apokriewe
Evangelie van die Hebreers genoem.
Jesus se doop deur Johannes in die
Jordaanrivier
simboliseer die vergifnis van sondes en roep die gedoopte weens die nadering van die Goddelike ryk tot bekering. Die doop van Jesus staan in kontras met sy aankondiging as seun van
God
. Die eerste
Christene
het Jesus se onderskikking met sy doop onder Johannes, dalk ook 'n dissipelskap van Jesus self, verwerp. Vervolgens word die gebeurtenis as histories bewese beskou (differenskriteria). Die
Rooms-Katolieke Kerk
herdenk die Doop van Jesus op Sondag na
Driekoningedag
; laasgenoemde word op 6 Januarie gevier, dus is die vroegste moontlike termyn vir die fees 7 Januarie.
|
---|
Kerskring
| | |
---|
Paaskring
| |
---|
Jaarkring
| |
---|
Mariafeeste
| |
---|