한국   대만   중국   일본 
Donets - Wikipedia Gaan na inhoud

Donets

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Siwerski Donets
'n Uitsig oor die Donets en Swjatohirsk-lawra.
'n Uitsig oor die Donets en Swjatohirsk-lawra.
'n Uitsig oor die Donets en Swjatohirsk-lawra.

Kaart wat die Donets- en Don-rivier aandui

Oorsprong 100 km noord van Belgorod ( Rusland )
Monding naby Oest-Donetski, Rusland , in die Don
Stroomgebied Rusland , Oekraine
Lengte 1 053 km (654 myl)
Oorspronghoogte 200 m (660 voet)
Mondinghoogte 5,5 m
Gemiddelde afloop 159 m³/s
Stroomgebiedopp. 98 900 km² (38 200 myl²)

Die Siwerski Donets ( Oekraiens : С?верський Донець; Russies : Северский Донец, Sewerski Donets ) is 'n rivier in Rusland en Oekraine wat in die groter Donrivier invloei. Die rivier het sy oorsprong in die Sentraal-Russiese Heuwelland in die suidweste van Rusland by die stad Belgorod . Die rivier vloei deur die Russiese Belgorod-oblast , oor die grens en verder deur die Oekraiense oblaste Charkif , Donetsk en Loehansk in die suidooste van Oekraine, en steek opnuut die grens na Rusland oor, waar dit deur die Rostof-oblast loop en in die Don invloei. Die rivier is altesaam 1 053 km lank.

Die rivier se naam is afgelei van die Slawiese stam Sewerjane. Die etimologie daarvan is onseker. Die naam "Donets" beteken "klein Don". Die landstreek die Donbas , oftewel die Donetsbekken, en die stede Donetsk en Sjewjerodonetsk is na die Siwerski Donets genoem.

Skakels [ wysig | wysig bron ]

51°00′0″N 36°59′0″O  /  51.00000°N 36.98333°O  / 51.00000; 36.98333