in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dominique Strauss-Kahn
(gebore 25 April 1949) is 'n Franse politikus en ekonoom van Joodse afkoms. Hy het ekonomie gestudeer en is 'n professor vir ekonomie aan 'n universiteit in
Parys
. Hy het verskillende poste in die Franse regering beklee, en was die hoof van die
Internasionale Monetere Fonds
van 2007 tot 2011. In Frankryk word sy naam gewoonlik DSK afgekort.
[1]
[2]
Hy is 'n volle professor by die
Institut d’etudes politiques de Paris
("Sciences Po"). Hy was 'n professor in ekonomie aan die
Universiteit Parys-Nanterre
and Sciences Po, en was Minister van Ekonomie en Finansies van 1997 tot 1999, as deel van Lionel Jospin se Pluraal Linkse regering. Hy behoort aan die regtervleuel van die Sosialistiese Party (PS) (wat in die middel-links van die Franse politiek is). Hy is in die 2006 primere verkiesings van sy party genomineer om 'n kandidaat te word vir die Franse presidentsverkiesing in 2007.
Segolene Royal
het hom in hierdie verkiesings in November 2006 verslaan.
Op 14 Mei 2011 is Strauss-Kahn gearresteer en daarvan aangekla dat hy 'n vrou in 'n hotel in
New York
seksueel aangerand het. Strauss-Kahn ontken alle aanklagte. ’n Regter het later sy vrylating op borgtog goedgekeur.
[3]
Op 18 Mei 2011 het hy uit sy pos by die IMF bedank, om op sy verdediging te kon fokus.
[4]
Op 29 Junie 2011 is die Franse minister van finansies, Christine Lagarde, verkies tot besturende direkteur van die IMF en het op 5 Julie 2011 die amp aanvaar.
Van 1995 tot 1997 was hy burgemeester van Sarcelles.
DSK is 'n gegradueerde van
HEC Paris
.
[5]