Die
Doddington
was 'n Oos-Indievaarder van die
Britse Oos-Indiese Kompanjie
wat by
Voeleiland
in
Algoabaai
, naby die huidige
Port Elizabeth
, gestrand het op
17 Julie
1755
.
[1]
[2]
Die skip het goudskatte, wat aan Clive van
Indie
behoort het, vervoer. Die skatte is later deur skattejagters geplunder, en hierdie voorvalle het bygedra tot die onlangse veranderinge aan internasionale maritieme verdrae om onderwater kulturele erfenisse beter te beskerm.
Onder die bevel van Kaptein James Sampson, seil die
Doddington
op
22 April
1755
vanaf Dover in
Engeland
na Fort St. George in Indie, en word begelei deur die
Stretham
(met Clive van Indie aan boord), die
Pelham
, die
Edgecote
en die
Houghton
. Die skepe is op pad na Porto Praya geskei, maar ontmoet weer by die hawe, waar hulle ge-anker het om voorrade op te neem. Op
27 Mei
1755
vertrek die drie skepe saam uit die
Kaap Verdiese Eilande
, maar word weer geskei nadat die kaptein van die Doddington 'n meer suidelike roete as die ander skepe geneem het. Na sewe weke, het die
Doddington
om die
Kaap van Goeie Hoop
geseil, en nadat dit ooswaarts gevaar het vir nog 'n dag, het die skip om 1 uur op die oggend van 17 Julie 1755, 'n rots getref en gestrand in
Algoabaai
.
Van die bemanning en passasiers van 270, het 23 aanvanklik oorleef. Die skipbreukelinge het vir sewe maande van die
vis
,
voels
en eiers geleef, op 'n nabygelee eiland, wat hulle Voeleiland genoem het. Een van hulle was 'n skrynwerker, wat hulle in staat gestel het om 'n
sloep
te bou, wat hulle die
Happy Deliverance
genoem het.
[1]
[3]
Met hierdie sloep, was hulle uiteindelik in staat was om die eiland op
16 Februarie
1756
te verlaat, en teen die ooskus van
Afrika
op te reis oor
St. Lucia
tot by
Delagoabaai
,
[1]
[4]
waar die oorlewendes die sloep verkoop het en na Indie gereis het op 'n ander skip.
Die skip se besending van
goud
en
silwer
, bekend as
Clive van Indie se Goud
, is in die
1990
’s deur skattejagters van Port Elizabeth geplunder, en het baie omstredenheid veroorsaak.
[5]
[6]
'n Derde van die 1200 goue munte is uiteindelik teruggekeer na
Suid-Afrika
, na 'n vier jaar lange regsgeding in
Londen
. Hierdie hoe-profiel hofsaak het verskeie tekortkominge in beide Suid-Afrikaanse en internasionale maritieme reg beklemtoon.
[7]
Die
Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie van die Verenigde Nasies
het die geval gemonitor, aangesien dit 'n belangrike voorbeeld was vir die
UNESCO
Konvensie vir die Beskerming van Maritieme Kulturele Erfenisse wat in 2001 gepubliseer is.
[8]
In September
1867
word 'n plaaslik geskrewe toneelstuk,
Treasure at Woody Cape
, opgevoer deur die Dramaklub van Port Elizabeth. Die toneelstuk was gebaseer op die legende van die Doddingtonskatte.
[9]
- ↑
1,0
1,1
1,2
Saxe Bannister (1830).
Humane Policy, Or, Justice to the Aborigines of New Settlements
. T. & G. Underwood. pp. xxxiii
. Besoek op
8 Julie
2012
.
- ↑
Mr Webb (1758).
A Journal of the Proceedings of the Doddington East Indiaman, from her sailing from the Downs till she was unfortunately wrecked on the East Coast of Africa
. Besoek op
8 Julie
2012
.
- ↑
Cyrus Redding (1833). "Chapter V".
A History of Shipwrecks, and Disasters at Sea, from the Most Authentic Sources: From the Most Authentic Sources
. Whittaker, Treacher & Co
. Besoek op
8 Julie
2012
.
- ↑
Reginald Frank Kennedy (1955).
Shipwrecks on and Off the Coasts of Southern Africa: A Catalogue and Index
. Besoek op
8 Julie
2012
.
- ↑
Geoffrey and David Allen (1978).
Clive's Lost Treasure
. Robin Garton.
ISBN
0-906030-07-2
. Besoek op
8 Julie
2012
.
- ↑
The Independent
,
Clive of India's gold comes up for sale after legal settlement
, besoek op 8 Julie 2012
- ↑
Barbara T. Hoffman (2006). "Chapter 42".
Art and Cultural Heritage: The Case of the Doddington Coins
. Cambridge University Press. p. 313.
ISBN
0-521-85764-3
. Besoek op
8 Julie
2012
.
- ↑
UNESCO
,
The UNESCO Convention on the Protection of the Underwater Cultural Heritage, adopted in 2001
, besoek op 8 Julie 2012
- ↑
The Port Elizabeth Opera House
,
A Short Historical of Theatre in Port Elizabeth
Geargiveer
19 Augustus 2012 op
Wayback Machine
, besoek op 8 Julie 2012