in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Docklands Light Railway (DLR)
|
'n DLR-trein kom in Royal Victoria-stasie aan
|
Eienaar
|
Docklands Light Railway Ltd (TfL)
|
Gebied bedien
|
Groter Londen
|
Vervoertipe
|
Ligte moltrein
|
Lyne
|
7
|
Stasies
|
45
|
Passasiers
|
278 100 per dag (boekjaar 2013)
|
Treinwaens
|
149
|
Bedryf deur
|
KeolisAmey Docklands Ltd.
|
Geopen
|
31 Augustus 1987
|
Webtuiste
|
http://www.tfl.gov.uk/modes/dlr/
|
Docklands Light Railway (DLR)
is 'n geoutomatiseerde ligte treinstelsel wat in 1987 geopen is om die herontwikkelde
Londense
Docklands-gebied te bedien. Die DLR-netwerk strek tot
Stratford
in die noorde, Lewisham in die suide, Tower Gateway en Bank in die
City of London
se finansiele distrik in die weste, en in die ooste tot Beckton, die
London City-lughawe
en Woolwich Arsenal.
Die stelsel se personeel op treine en by groot wisselstasies is tot 'n minimum beperk. Sy vier ondergrondse stasies is volgens die vereistes van die Londense
moltreinstelsel
beman. Vergelykbare voorstelle is ook vir die aangrensende metronetwerk, die
Tube
, gemaak.
DLR word volgens 'n konsessie bedryf wat
Transport for London
aan
KeolisAmey Docklands
, 'n gemeenskapsonderneming van die vervoermaatskappy
Keolis
en die infrastruktuur-onderneming
Amey plc.
, as opvolger van
Serco Docklands
toegestaan het.
Die stelsel is in besit van
Docklands Light Railway Ltd.
wat deel uitmaak van
Transport for London
se spoorafdeling. In die boekjaar 2013 het DLR 101,5 miljoen passasiers vervoer. Die stelsel is verskeie kere uitgebrei, en verdere uitbreidings word beplan.