Dmitri Dmitrijewitsj Sjostakowitsj
luister
(
hulp
·
inligting
)
(
Russies
: Дми?трий Дми?триевич Шостако?вич; 25 September
[
O.S.
12 September]
1906?
9 Augustus
1975
) was 'n
Russiese
komponis van die
Sowjet
-tydperk.
Sjostakowitsj het 'n komplekse verhouding met die Sowjetregering gehad; sy musiek is twee keer amptelik veroordeel, in
1936
en
1948
, en sy werk is van tyd tot tyd verbied. Terselfdertyd het hy een van die gewildste Sowjet-komponiste van sy generasie gebly en het hy verskeie lofbetuigings en staatstoekennings ontvang. Hy het ook in die Opperste Sowjet gedien.
[1]
Na 'n aanvanklike avant-garde-periode het Sjostakowitsj hoofsaaklik by 'n romantiese styl gehou, sterk beinvloed deur
Mahler
. Hy het dit egter gekombineer met
atonaliteit
en per geleentheid
toonrye
. Sy musiek sluit baiekeer skerp kontraste en elemente van die groteske in. Sy grootste werke word meestal beskou as simfoniee en strykkwartette, vyftien van elk; ander werk sluit in
operas
, ses konserte en ’n beduidende hoeveelheid rolprentmusiek. Laurel Fay kom in
Grove
tot die gevolgtrekking: "Te midde van die teenstrydige druk van amptelike vereistes, die ontsettende lyding van sy landgenote en sy persoonlike ideale van humanitere en openbare diens, het hy daarin geslaag om 'n musikale taal met enorme emosionele krag te skep."
[2]
Herkoms, geboorte en vroee lewe
[
wysig
|
wysig bron
]
Sjostakowitsj is in
Sint Petersburg
,
Rusland
, gebore as die tweede van drie kinders van Dmitri Boleslawowitsj Sjostakowitsj en Sofja Wasilijewna Kokoelina.
[3]
Sy familie was polities oorwegend liberaal en verdraagsaam (een van sy ooms was 'n
Bolsjewis
). Hoewel hy as 'n musikale wonderkind beskou is, het hy voor sy agtste verjaarsdag min belangstelling of talent getoon. Sy talent het te voorskyn gekom toe hy op negejarige ouderdom klavierlesse begin neem het. Tydens sy eerste lesse het hy blykbaar geweier om geskrewe note te speel en wou hy 'n "regte" stuk he om te speel. Tot sy moeder se verbasing het hy daarin geslaag om 'n
Andante
van Haydn stadig maar korrek te speel. Sofja het hom aanvanklik self geleer, maar het hom later na die beroemde klavierleermeester Ignati Gliasser geneem waar hy Burgmuller-studies en sonates deur Haydn en
Mozart
gespeel het. Op tienjarige ouderdom het hy
Beethoven
se Klavierkonsert no. 3 bemeester en die jaar daarna
Bach
se
Die goed gestemde klavier
.
[3]
In
1918
skryf hy 'n dodemars ter nagedagtenis van twee leiers van die Kadetparty wat deur Bolsjewistiese matrose vermoor is. In
1919
word hy op dertienjarige ouderdom toegelaat tot die
Petrograd
-konservatorium, in daardie stadium onder Aleksander Glazoenof.
[3]
Sy eerste groot musikale prestasie as komponis was die Eerste Simfonie wat vir sy graduering geskryf is.
[3]
Na sy graduering volg hy aanvanklik 'n dubbele loopbaan as konsertpianis en komponis, maar sy droe speelstyl vind gereeld nie aanklank nie. Hy verkry nogtans 'n "eervolle vermelding" by die
Warskouse
Internasionale Klavierkompetisie van
1927
. Na die kompetisie ontmoet hy die dirigent Bruno Walter, wat so beindruk is met die komponis se Eerste Simfonie dat hy dit later die jaar op die
Berlynse
premiere daarvan dirigeer. Daarna konsentreer Sjostakowitsj op komposisie en beperk optredes spoedig tot uitvoerings van sy eie werk. In
1927
skryf hy sy Tweede Simfonie (met die onderskrif
Na Oktober
). Terwyl hy die simfonie skryf, begin hy ook sy satiriese
opera
Die Neus
, gegrond op die stories deur
Gogol
. In
1929
word die opera deur RAPM, die Stalinistiese musikante-organisasie, gekritiseer as "formalisties" en kry dit tydens die opening daarvan in 1930 oor die algemeen swak resensies.
Die jaar
1927
is ook die begin van die komponis se verhouding met
Iwan Sollertinski
, wat sy beste vriend gebly het tot laasgenoemde se dood in 1944. Sollertinski stel Sjostakowitsj aan die musiek van
Gustav Mahler
voor, wat 'n sterk invloed op sy musiek het van die Vierde Simfonie af. In 1932 tree hy in 'n "oop huwelik" met sy eerste vrou, Nina Varzar. Aanvanklike probleme lei in 1935 tot egskeidingstappe, maar die paartjie is gou weer herenig.
In die laat 1920's en vroee 1930's werk hy by TRAM, 'n proletariese jeugteater. Hoewel hy min werk daar verrig, beskerm dit hom van ideologiese aanvalle. Groot dele van die tydperk word bestee aan die skryf van sy opera
Lady Macbeth van die Mtsensk-distrik
(
Russies
:
Ledi Makbet Mtsenskovo Ujezda
); dit word vir die eerste keer in
1934
opgevoer en is onmiddellik suksesvol, beide op populere en amptelike vlak. Dit word beskryf as “die resultaat van die algemene sukses van sosialistiese rekonstruksie, van die korrekte beleid van die party" en dat so 'n opera “slegs geskryf kon gewees het deur 'n Sowjet-komponis wat in die beste tradisie van die Sowjet-kultuur opgevoed is.”
[4]
In
1936
raak Sjostakowitsj in onguns by die Sowjet-owerhede. Die jaar begin met 'n reeks aanvalle op hom in
Prawda
, in besonder 'n anonieme artikel genaamd
Soemboer wmesto moeziki
(Warboel in plaas van musiek).
Josef Stalin
en ander hooggeplaaste partyamptenare het Sjostakowitsj se gewilde opera
Ledi Makbet
bygewoon en het voor die einde van die opera uitgeloop. Twee dae later verskyn die gewraakte artikel in Prawda.
Ledi Makbet
word as formalisties verwerp en as 'n "kakofonie" en "deurmekaar geskree van klanke" beskryf. Volgens die artikel is sang "met gille vervang". Polities word die werk as reaksioner en anti-Sowjet beskryf. Kommissies begin daarna opdroog en sy inkomste daal met omtrent driekwart. Daar word begin met repetisies vir die Vierde Simfonie, maar die politieke klimaat maak opvoerings onmoontlik. Dit word tot
1961
nie opgevoer nie, maar Sjostakowitsj ontken nie die werk nie: dit behou die benoeming as sy vierde simfonie. 'n Klavier-reduksie word in 1946 uitgegee.
1936
is ook die begin van die
Groot Suiwering
, waarin baie van die komponis se vriende en familie in hegtenis geneem of tereggestel word. Sy enigste vertroosting in die tydperk is die geboorte van sy dogter Galina in
1936
; sy seun Maxim word twee jaar later gebore.
Die komponis se reaksie op die veroordeling van sy werk is die Vyfde Simfonie van
1937
, wat musikaal meer konserwatief as sy vroeere werk is en geen openlike politieke inhoud het nie. Dit is 'n sukses en is steeds een van sy mees gewilde werke. Dit was ook in die tydperk dat Sjostakowitsj die eerste van sy
strykkwartette
skryf. Sy kamermusiekwerke laat hom toe om te eksperimenteer en idees uit te druk wat onaanvaarbaar sou wees by meer openbare simfoniese stukke. In September 1937 begin hy komposisie onderrig aan die Konservatorium, wat hom 'n mate van finansiele sekuriteit gee, maar met sy eie kreatiewe werk inmeng.
Met die uitbreek van die
oorlog tussen Rusland en Duitsland
in 1941, bly Sjostakowitsj aanvanklik in Leningrad tydens die
beleg van die stad
en skryf die eerste drie bewegings van sy Sewende Simfonie (met die bynaam
Leningrad
). Hy dien as ’n brandweerman by die Konservatorium en neem deel aan 'n radioprogram
luister
(
hulp
·
inligting
)
. In Oktober 1941 word die komponis en sy familie na veiligheid gebring na Koeibisjef (nou
Samara
), waar hy die simfonie voltooi.
In die lente van 1943 trek die familie na
Moskou
. Terwyl die Sewende Simfonie 'n heroiese sege uitbeeld, is sy Agste Simfonie moontlik die toppunt van somberheid. In die tyd behaal die
Rooi Leer
oorwinnings in die oorlog en die simfonie word nie goed ontvang nie. Dit word verbied (die verbod is eers in
1960
opgehef). Die Negende Simfonie (1945), daarteenoor, is 'n ironiese Haydenagtige parodie, wat nie die eise vir 'n
gesang van oorwinning
bevredig na die Rooi Leer se sege in die oorlog nie. Sjostakowitsj word daarvan beskuldig dat hy met die Rooi Leer se oorwinning spot. Hy hou hierna aan om kamermusiek te komponeer, vernaamlik sy Tweede Piano Trio (Op. 67), opgedra aan Sollertinski, met 'n bittersoet, Joodse dodedans-tema as finale.
In 1948 word Sjostakowitsj in die Zjdanof-dekreet weer veroordeel vir formalisme. Die meeste van sy werk word verbied en hy word gedwing om in die openbaar berou te toon. Sy gesin se voorregte word ook ingetrek. Joeri Ljoebimof se in die stadium het hy "buite by die hyser gewag op sy arres, sodat sy gesin ten minste nie verontrief word nie".
[5]
Hy word by die konservatorium ontslaan en in die volgende paar jaar komponeer hy drie soorte musiek: rolprentmusiek om 'n inkomste te verdien, amptelike werk wat daarop gemik is om 'n amptelike rehabilitasie (herstel van sy aansien) te bekom, en ernstige werk "vir die lessenaarlaai". Laasgenoemde sluit die Vioolkonsert No. 1 en die sangsiklus
Uit Joodse Volkspoesie
in. Daar is meningsverskil oor die mate waartoe hy bewus was van die gevaar wat hy geloop het deur laasgenoemde te skryf. Sommige kommentators meen dat hy met amptelike beleid probeer konformeer het deur volksliedjies as sy inspirasie te gebruik; aan die ander kant het hy dit geskryf op 'n tydstip toe die naoorlogse anti-Semitiese veldtog reeds op dreef was en Sjostakowitsj het noue bande gehad met van die mense wat daardeur geraak is.
Die beperkings op Sjostakowitsj se musiek en lewensomstandighede is in 1949 verlig om sy deelname aan 'n afvaardiging van Sowjet-hooggeplaastes na die
VSA
te verseker. In die jaar skryf hy ook sy
kantate
Gesang van die Woude
, wat Stalin prys as die "groot tuinier". In 1951 word die komponis 'n afgevaardigde van die Opperste Sowjet. Stalin se dood in 1953 is die grootste rede vir Sjostakowitsj se amptelike rehabilitasie, wat saamval met sy Tiende Simfonie. Dit sluit 'n aantal musikale aanhalings en kodes (noemenswaardig die
DSCH
- en Elmira-motiewe) in, waarvan die betekenis steeds onder bespreking is, terwyl die brutale tweede beweging na bewering 'n musikale portret van Stalin self is. Dit is saam met die Vyfde een van sy gewildste werke. In 1953 vind ook 'n stroom premieres van sy "lessenaarwerke" plaas.
In die veertigs en vyftigs het Sjostakowitsj hegte verhoudings met twee van sy leerlinge: Galina Oestwolskaja en Elmira Nazirowa. Hy rig Oestwolskaja van 1937 tot 1947 af. Dit is glad nie duidelik wat die aard van hulle verhouding was nie: Mstislaf Rostropowitsj beskryf dit as "teer" en Oestwolskaja het in 'n onderhoud in 1995 beweer dat sy 'n huweliksaansoek van hom in die vyftigs van die hand gewys het. Haar vriend Wiktor Soeslin het egter in dieselfde onderhoud gese dat sy teen die tyd dat sy in 1947 haar graad gekry het, "ernstig teleurgesteld" in hom was. Die verhouding met Nazirowa was oenskynlik meer eensydig. In 1956 trou hy met sy tweede vrou, Margarita Kainowa. Die huwelik hou egter nie lank nie en hulle skei drie jaar later.
Aansluiting by die Kommunistiese Party
[
wysig
|
wysig bron
]
In 1960 vind nog 'n keerpunt in Sjostakowitsj se lewe plaas: hy sluit in die jaar by die
Kommunistiese Party
aan. Interpretasies van die redes wissel van lafhartigheid en 'n gebrek aan onderneming tot die gevolg van politieke druk. Aan die een kant was die party ongetwyfeld minder onderdrukkend as voor Stalin se dood. Aan die ander kant onthou sy seun dat die gebeurtenis Sjostakowitsj tot trane gedryf het,
[6]
en hy het later sy vrou in die tyd, Irina, vertel dat hy afgepers is.
[7]
Ljef Lebedinski meen die komponis het selfmoord oorweeg.
[8]
Omtrent die tyd het sy gesondheid ook begin agteruitgaan. Sjostakowitsj se musikale antwoord op die persoonlike krisisse was die Agtste Strykkwartet, wat soos die Tiende Simfonie sitate uit sy vorige werke en sy musikale monogram insluit.
In 1962 trou hy vir die derde keer, met Irina Soepinskaja. In 'n brief aan sy vriend Isaak Glikman skryf hy dat "haar enigste gebrek is dat sy 27 jaar oud is. In alle ander opsigte is sy manjifiek: slim, vrolik, reguit en baie innemend".
[9]
In November durf Sjostakowitsj sy enigste onderneming as dirigent aan. Hy dirigeer 'n paar van sy eie werke in
Gorki
: andersins wys hy versoeke om te dirigeer van die hand en gee sy senuwees of swak gesondheid aan as redes.
In die jaar keer Sjostakowitsj weer terug tot die anti-Semitiese onderwerp van sy Dertiende Simfonie (met die onderskrif
Babi Jar
). Die simfonie toonset 'n aantal gedigte deur Jewgeni Jeftoesjenko, waarvan die eerste die menseslagting van die
Jode
tydens die
Tweede Wereldoorlog
gedenk. Menings wissel oor hoe groot risiko dit was: die gedig is in die Sowjetmedia gepubliseer en is nie verbied nie, maar dit was steeds omstrede. Na die simfonie se premiere is Jeftoesjenko gedwing om 'n strofe by sy gedig te voeg wat beweer dat
Russe
en
Oekrainers
saam met Jode by Babi Jar gesterf het.
In sy latere lewe ly Sjostakowitsj aan chroniese swak gesondheid, maar hy weier om sigarette en
wodka
te laat vaar. Van 1958 af ly hy aan 'n uitmergelende toestand wat veral sy regterhand affekteer en hom op die ou end dwing om op te hou klavierspeel: in 1965 word dit as
polio
gediagnoseer. Hy kry ook die daaropvolgende jaar en weer in 1971
hartaanvalle
. Hy val verskeie kere en breek albei sy bene; in 1967 skryf hy in 'n brief:
"Teiken tot dusver bereik: 75% (regterbeen gebreek, linkerbeen gebreek, regterhand defektief. Al wat ek nou nodig het, is om my linkerhand te ruineer en dan sal al my ledemate buite werking wees.)"
[10]
Baie van Sjostakowitsj se latere werk weerspieel sy bemoeienis met sy eie moraliteit, dit sluit in die latere kwartette en die Veertiende Simfonie van 1969 ('n sangsiklus gebaseer op 'n aantal gedigte wat oor die doodstema handel). In die werk gaan Sjostakowitsj tot uiterstes wat musikale taal betref, met twaalfnoottemas wat deurgaans gebruik word sowel as digte polifonie. Die Vyftiende Simfonie van 1971 is in teenstelling hiermee melodies, met sitate uit
Wagner
,
Rossini
en die komponis se eie Vierde Simfonie.
Sjostakowitsj sterf op
9 Augustus
1975
aan longkanker en word na 'n burgerlike begrafnis in die Nowodewitsji-begraafplaas in
Moskou
begrawe. Die amptelike doodberig verskyn eers drie dae later in
Prawda
, oenskynlik omdat die bewoording op die hoogste vlak deur
Leonid Brezjnef
en die res van die Politburo goedgekeur moes word.
[11]
Selfs voor sy dood is hy vereer deurdat die Sjostakowitsj-skiereiland op Alexander-eiland in
Antarktika
na hom genoem is.
Sjostakowitsj is deur sy derde vrou, Irina, en sy dogter Galina en seun Maxim oorleef. Sjostakowitsj het verskeie opnames van sy eie klavierwerke agtergelaat, terwyl ander belangrike interpreteerders van sy musiek sy vriende Emil Gilels, Mstislaf Rostropowitsj, Tatjana Nikolajewa en Maria Joedina insluit.
Sjostakowitsj se musikale invloed op jonger komponiste was betreklik gering. Alfred Schnittke het egter sy eklektisisme en sy kontraste tussen die dinamiese en die statiese opgeneem; sy invloed kan ook gesien word in sommige Nordiese komponiste soos Kalevi Aho
[12]
and Lars-Erik Larsson.
[13]
Sy konserwatiewe idioom het egter al hoe gewilder geword onder gehore soos die avant-garde in invloed verminder het en debatvoering oor sy politieke oogpunte ontwikkel het. Volgens Grove het hy nou "die gewildste komponis van ernstige kunsmusiek van die middel 20ste eeu geword.
[14]
- ↑
Jonah Katz,
Shostakovich and the Soviet State
Geargiveer
21 Februarie 2007 op
Wayback Machine
, University of Massachusetts Amherst, 12 Mei 2003 (geredigeer Januarie 2006), URL besoek op 24 Junie 2007
- ↑
Grove bl. 280.
- ↑
3,0
3,1
3,2
3,3
Sofia Moshevich,
Dmitri Shostakovich, Pianist
, geraadpleeg op 24 Junie 2007
- ↑
Dmitrii Shostakovich. Shostakovich: About Himself and His Times, saamgestel deur L. Grigorijef and J. Platek, vert. Angus en Neilian Roxburgh (Moskou: Progress Publishers, 1981), 33.
- ↑
Elizabeth Wilson,
Shostakovich: A Life Remembered
bl. 183.
- ↑
Allan Ho and Dmitry Feofanov,
Shostakovich Reconsidered
bl. 390.
- ↑
Manashir Yakubov, programme notes for the 1998 Shostakovich seasons at the Barbican Arts Centre,
Londen
).
- ↑
Wilson bl. 340.
- ↑
Dmitri Shostakovich and Isaak Glikman,
Story of a Friendship: The Letters of Dmitry Shostakovich to Isaak Glikman
bl. 102.
- ↑
Glikman bl. 147.
- ↑
Moscow News N49 2005
Geargiveer
5 Maart 2008 op
Wayback Machine
, URL besoek op 23 Desember 2005.
- ↑
Finnish Music Information Centre,
Kalevi Aho in Profile
, URL besoek op 18 November 2005.
- ↑
Musicweb International,
Lars-Erik Larsson
, URL besoek op 18 November 2005.
- ↑
Grove bl. 300.