Sint
Dmitri Iwanowitsj Donskoi
(Russies: Дми?трий Донско?й) of
Dimitri van die Don
(
12 Oktober
1350
, Moskou -
19 Mei
1389
, Moskou), seun van
Iwan II Krasni
, het van
1359
as grootprins van
Moskou
regeer en van
1363
as die grootprins van
Wladimir
tot met sy dood. Hy was die eerste grootprins van Moskou wat die
Tartaarse
oorheersing openlik uitgedaag het. Sy bynaam Donskoi (van die
Donrivier
) verwys na sy groot oorwinning teen die Tartare in die
Slag van Koelikowo
in 1380 wat aan die Don plaasgevind het.
[1]
Dmitri het op negejarige ouderdom grootprins van Moskowie geword. Terwyl hy minderjarig was, het
metropolitaan Aleksei
van Rusland eintlik aan die hoof van die regering gestaan. In
1360
is die hoogste eer onder Russiese prinse van daardie tyd, die van grootprins van
Wladimir
, deur die
khan
van die
Goue Horde
aan
Dmitri Konstantinowitsj
van
Nizjni Nowgorod
toegeken. In
1363
, toe die prins van die troon gesit is, is Dmitri Iwanowitsj eindelik in Wladimir gekroon. Drie jaar later het hy vrede gemaak met Dmitri Konstantinowitsj en het hy met die se dogter Ewdoksia getrou.
Die belangrikste gebeurtenis tydens die vroee bewind van Dmitri was die bou van die eerste klip-
Kremlin
in Moskou. Dit is in
1367
voltooi. Danksy die nuwe fort het die stad twee aanvalle deur Algirdas van Litaue afgeweer, in
1368
en
1370
. In
1375
het Dmitri sy konflik met
Twer
in sy guns bygele. Ander prinse van Noord-Rusland het ook sy mag erken en het troepe gestuur om hom te help in sy stryd teen die Horde. Teen die einde van sy bewind het hy Moskowie se grondgebied meer as verdubbel.
Dmitri se bewind was die begin van die einde van die
Mongoolse
oorheersing van wat nou
Rusland
is. Die Goue Horde is aansienlik verswak deur interne struwelinge en burgeroorlog. Dmitri het die verswakking van die Mongoolse mag tot sy voordeel gebruik en hulle openlik uitgedaag.
Terwyl hy die khan se vergunning om belasting in die hele Rusland in te samel, behou het, was Dmitri ook beroemd daarvoor dat hy die eerste Russiese militere oorwinning oor die
Mongole
behaal het. Mamai, ’n Mongoolse generaal en aanspraakmaker op die troon, wou Dmitri straf omdat hy sy mag probeer vergroot het. In
1378
het Mamai ’n Mongoolse leer gestuur, maar Dmitri se magte het dit verslaan. Twee jaar later het Mamai persoonlik ’n groot mag teen Moskowie gelei. Dmitri het hulle verslaan met die
Slag van Koelikowo
.
Die verslane Mamai is daarna onttroon deur ’n mededingende Mongoolse generaal, Tochtamisj. Die het Mongoolse heerskappy weer in groot dele van die huidige Rusland herstel en het Moskowie oorrompel weens Dmitri se weerstand teen Mamai. Dmitri het egter trou aan Tochtamisj en die Goue Horde beloof en is herstel in sy posisie as die hoofbelastinggaarder vir die Mongole en as grootprins van Wladimir. Met sy dood in
1389
was Dmitri die eerste grootprins wat sy titels aan sy seun,
Wasili
, nagelaat het sonder om eers die khan te raadpleeg.
Hy was getroud met Ewdoksia van Nizjni Nowgorod. Sy was die dogter van Dmitri van Soezdal en Wasilisa van Rostof. Hulle het minstens twaalf kinders gehad.
- ↑
Asimov, Isaac.
Asimov's Chronology of the World.
New York: HarperCollins, 1989; bl. 186.