in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Divali
(ook
Dipavali
) is 'n belangrike
Hindoefees
. Die woord "
divali
" beteken letterlik "
rye van brandende lampe
". Dit is as 'n fees van ligte bekend en die meeste Indiese mense en Hindoes vier dit met blydskap. Tydens die fees versier mense hul huise en winkels met lampe en ander ornamente om dit te verlig. Omdat die lampe die donker in hul strate en huise verduister simboliseer dit ook dat die lig die duisternis verdryf. Dit beteken dat die "goeie" die "slegte" verdryf. Die Hindoegod
Ganesja
word aanbid om vir goeie welsyn en welvaart te vra.
Laksjmi
, die godin van rykdom en
wysheid
, word ook aanbid.
In
Indie
,
Sri Lanka
,
Mauritius
,
Guyana
,
Trinidad en Tobago
,
Suriname
,
Maleisie
,
Singapoer
en
Fidji
is Dipavali 'n amptelike vakansiedag.
Gedurende hierdie tyd probeer die Hindoes weer vrede maak met mense met wie hulle baklei het. Daar word ook gesing en gedans.