in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Koning Dingaan se fontein
is volgens
Zoeloe
-oorlewering die bron waaruit
Dingaan
sy drinkwater laat skep het.
[1]
[2]
Die Mtonjaneni-bron le digby die Mtonjaneni Lodge, 20 km noord van
Melmoth
langs die
R66-pad
na
Ulundi
en
Vryheid
.
Dit was Zoeloegebruik dat hul koning die onbetwiste reg gehad het op skoon drink- en badwater. Water was dikwels besoedel weens die baie mense en beeste by die koninklike kraal. In die tyd van Dingaan was die fontein by Mtonjaneni (“by die fontein”) so ‘n onbesoedelde bron. Elke dag het ‘n groep bevoorregte meisies onder die wakende oog van impi’s die 8 km van Dingaanstat (
uMgungundlovu
) na die fontein gestap om hul kleipotte met vars water te vul en dan weer teruggestap om die water by die koning se kraal af te lewer.
28°28′15″S
31°20′19″O
/
28.47083°S 31.33861°O
/
-28.47083; 31.33861