in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dierkunde
is die wetenskaplike bestudering van lewende
diere
. Dit vorm deel van
biologie
. Dierelewe word in groepe genaamd
filums
ingedeel, waarvan daar ten minste 30 is.
'n
Dierkundige
is 'n persoon wat lewende diere bestudeer. Hulle kan in
laboratoriums
werk, of veldwerk doen, byvoorbeeld deur
afgelee kamera
's aan te wend. Hulle gebruik diverse metodes om die struktuur, funksie,
ekologie
en
evolusie
van diere te dokumenteer. Die struktuur word ontleed deur disseksie en mikroskopiese analise. Funksie word ondersoek deur observasie en eksperimente. Dierkundiges word onder andere deur
universiteite
,
museums
en
dieretuine
aangestel.
Paleontologie
voorsien inligting oor uitgestorwe
spesies
.