Diamant
|
|
'n Ongeslypte diamant
|
Formule
|
C
|
Kleur
|
kleurloos, gelerig, geel, bruin, swart, blou, groen, rooi, pienk
|
Glans
|
adamantyn, vetagtig
|
Hardheid
|
10
(
Mohs
)
|
Digtheid
|
3,5 ? 3,52 g/cm3
|
Optiese eienskappe
|
Transparansie
|
deursigtig
|
Dubbelbreking
|
Isotroop
|
RI-waardes
|
nα = 2.435
|
Kristallografie
|
Ruimtegroep
|
Fd
3
m; F4
1
/d
3
2/m
|
Strukturbericht-kode
|
A4
|
Nommer
|
227
|
Schoenflies-simbool
|
O
7
h
|
|
*
Lys van minerale
|
Portaal
Geologie
|
'n
Diamant
is 'n klein kosbare, skitterende steen en die hardste
edelsteen
en hardste natuurlike materiaal wat daar is. Diamante se gewig word in
karaat
bepaal. Die grootste sierdiamant ooit gevind is die
Cullinan-diamant
van 3 024.75 karaat.
Diamant bestaan uit 'n
koolstof
-kristalrooster. Diamante word gevorm deur geweldige hitte en druk. By
kamertemperatuur
is
grafiet
die stabielste
allotroop
van koolstof en diamant is daarom
metastabiel
. Sy vormingsentalpie is 2,4
kJ/mol
. Nes grafiet is diamant taamlik onreaktief, dog dit kan nes kool verbrand volgens:
Die hitte wat hierby vrygestel word sal nogtans 2,4 kJ/mol kleiner wees as by grafiet.
Die diamantstruktuur is die argetipe van die
strukturbericht-klassifikasie
se A4-struktuur. Die struktuur is kubies, maar dit is nie 'n
digpakking
nie. Dit kan wel van die
kubiese digpakking
afgelei word deur die helfte van die
tetraeder
-holtes met 'n koolstofatoom op te vul. Sy ruimtegroep is nie-simmorfies
In hierdie struktuur het elke koolstofatoom net vier naaste bure (pleks van 12 in fcc) in 'n tetraedriese omringing. Ander stowwe wat hierdie struktuurtipe besit is
silikon
,
germanium
en een van die allotrope van
tin
. Hierdie struktuurtipe is baie bekend as die struktuur wat
halfgeleiers
besit. Ander halfgeleiers soos GaAs, InP of
CuInSe
2
het struktuurtipes wat van die diamantstruktuur afgelei is.
Diamant is self ook 'n halfgeleier. Dit besit 'n taamlik groot
bandgaping
, maar die ladingsdraers se beweeglikheid is hoog. Diamant het 'n indirekte bandgaping van 5,47 eV, teenoor 1,1242 eV vir silikon. Die Hall-mobiliteit is ongeveer 2800 cm
2
/Vs teenoor 1600 cm
2
/Vs vir silikon.
[1]
Die groot bandgaping verklaar dat suiwer diamant in die sigbare gebied heeltemal deursigtig is. Net fotone wat genoeg energie het (groter as 5,47 eV) sal geabsorbeer word en hierdie fotone is in die ultravioletgebied van die spektrum. Diamant se
brekingsindeks
is hoog: ongeveer 2,5 en dit verklaar hoekom die edelsteen so skitter.
[2]
Onsuiwerhede wat in die kristalrooster opgelos is, kan aan natuurlike diamante 'n kleur gee en hulle beinvloed ook die elektriese eienskappe.
Die waarde van 'n diamant
[
wysig
|
wysig bron
]
Die waarde van 'n diamant word deur vier faktore bepaal: gewig, snit, kleur en helderheid.
Die gewig van 'n diamant word in
karaat
bepaal. Een karaat is gelykstaande aan 0.2 gram, min of meer die gewig van 'n skuifspeld.
Die snit, dit wil se hoe die diamant gesny (geslyp) is, bepaal hoeveel lig binne die diamant vasgevang en weerkaats word. Hoe meer lig vasgevang word, hoe duurder is die diamant.
Diamante word sorteer en gradeer volgens hulle deursigtigheid. Kleurlose diamante word gradeer van D (heeltemal kleurloos) tot Z (geel).
Diamante word op 'n 11-punt skaal gegradeer volgens vlekkeloosheid.
10 Grootste diamante wat ontdek is
[3]
[
wysig
|
wysig bron
]
Diamante van Suider-Afrika
[
wysig
|
wysig bron
]
Die eerste diamant wat in Suid-Afrika gevind is, is die
Eureka-diamant
. Hierdie diamant is deur Erasmus Jacobs gevind naby
Hopetown
en weeg 21,25 karaat, ongeslyp. In 1868 is 'n diamant van 83,5 karaat gevind op die plaas Zandfontein, ook naby Hopetown. Hierdie diamant staan later bekend as die
Ster van Suid-Afrika
.
In 1888 is die
De Beers-diamant
van 428.5 karaat in 1888 in die Kimberley-myn gevind
Op 30 Junie 1893 is die Excelsior-diamant gevind in die
De Beers
-myn te
Jagersfontein
. Dit het 971 karaat geweeg en was op daardie stadium die grootste diamant in die
wereld
.
Die
Jubilee-diamant
van 650.80 karaat is 1895 in die Jagersfontein-myn gevind.
Die Cullinan-diamant is op 26 Januarie 1905 in die Premiermyn by
Cullinan
gevind deur Frederick Wells. Dit is tot op datum die grootste diamant wat ooit gevind is.
Diamante is ook in 1926 aan die kus van Namakwaland
ontdek.
Die
Jonker-diamant
van 726 karaat was die vierde grootste diamant ter wereld gewees toe dit op 17 Januarie 1934 deur die delwer, Jacobus Jonker, gevind is op die plaas Elandsfontein,
Pretoria
.
Die
616-diamant
is in 1964 gevind in Kimberley.
Die
Lesotho-brown
van 601 karaat is gedurende Mei, 1967 by die Letseng-la-Terai-myn gevind in Lesotho.
Die Golden Jubilee-diamant van 755.5 karaat is in 1985 gevind in die Premiermyn.
Op 15 Januarie 2018 kondig Gem Diamonds die ontdekking aan van 'n 910 karaat diamant by hulle myn te Letseng-la-Terai.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Diamant
.
|
|
Sien
diamant
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
|