in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Helen Suzman was op een na 'n parlementslid van al die voorgangers van die DP, te wete die
Verenigde Party
,
Progressiewe Party
, die
Progressiewe Reformiste Party
en die
Progressiewe Federale Party
, maar nie die
Suid-Afrikaanse Party
nie.
Dene Smuts
het die Demokratiese Party van 1989 tot sy samesmelting met die NP as die DA in 2000 in die Volksraad en later Nasionale Vergadering verteenwoordig. Daarna was sy tot 2014 'n DA-LP. Sy is twee jaar na haar uittrede uit die politiek oorlede.
Die
Demokratiese Party
is die voorganger van die huidige amptelike opposisie in die
Suid-Afrikaanse
parlement, die
Demokratiese Alliansie
.
Die party is op
8 April
1989
gestig en was 'n samesmelting van die
Progressiewe Federale Party
, die
Onafhanklike Party
van dr.
Denis Worrall
en die Nasionale Demokratiese Beweging van
Wynand Malan
. Hulle was aanvanklik die leiers van die party saam met dr.
Zach de Beer
, tot hy uiteindelik alleenleier geword het. Die party het vriend en vyand verras deur 33 setels in die verkiesing van
6 September
1989
te wen nadat selfs goedgesinde ontleders die party se kans om betekenisvolle steun te verwerf, onderskat het.
Die party het aan die eerste demokratiese verkiesing in
Suid-Afrika
deelgeneem en met sy 1,7% steun sewe verteenwoordigers in die parlement gekry, onder andere
Tony Leon
,
Ken Andrew
,
Colin Eglin
,
Kobus Jordaan
en
Dene Smuts
(die enigste vrou in die DP-koukus). Die tweede en laaste leier was Tony Leon, wat die party gelei het in 2000 tydens die samesmelting met die
Nuwe Nasionale Party
, toe dit die Demokratiese Alliansie geword het.