한국   대만   중국   일본 
Deklinasie - Wikipedia Gaan na inhoud

Deklinasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Regte klimming (blou) en deklinasie (groen) soos gesien van buite die hemelbol.

In sterrekunde is deklinasie (simbool δ ) een van die twee rigtingkoordinate van 'n punt aan die hemelbol volgens die stelsel waarmee hemelliggame se posisie bepaal word. Die ander koordinaat is regte klimming .

Deklinasie in sterrekunde kan vergelyk word met breedtegrade in geografie soos geprojekteer op die hemelbol. [1] Punte noord van die hemelewenaar het 'n positiewe deklinasie, terwyl die suid van die hemelewenaar 'n negatiewe deklinasie het. Die eenhede wat gebruik word om dit aan te dui, is meestal grade (°), minute of boogminute (') en sekondes of boogsekondes ("), met 90° gelyk aan 'n kwartsirkel. Deklinasies van hoer as 90° word nie aangetref nie, omdat die hemelpole die mees noordelike en suidelike punte op die hemelbol is.

'n Voorwerp by die

  • hemelewenaar het 'n deklinasie van 0°
  • noordelike hemelpool het 'n deklinasie van +90°
  • suidelike hemelpool het 'n deklinasie van -90°

Die tekens + of ? dui gewoonlik aan of die waarde positief of negatief is.

Invloed van presessie [ wysig | wysig bron ]

Die Aarde se as draai stadig weswaarts om die pole van die sonnebaan en voltooi een kringloop in sowat 26 000 jaar. Hierdie effek, bekend as presessie , veroorsaak dat die koordinate van stilstaande hemelliggame voortdurend verander, al is dit baie stadig. Daarom hou lugkoordinate (insluitende deklinasie) verband met die jaar van waarneming. Sterrekundiges dui die koordinate aan met verwysing na 'n spesifieke jaar, bekend as 'n epog. Koordinate van verskillende epogs moet wiskundig aangepas word met betrekking tot mekaar, of om ooreen te stem met 'n standaard-epog. [2]

Die huidige standaard-epog is J2000 , wat staan vir 1 Januarie 2000 om 12:00 Aardtyd , 'n sterrekundige standaardtyd wat deur die IAU vasgestel is. Die "J" dui aan dat dit 'n Juliaanse epog is. Voorheen is die opeenvolgende Besseliaanse epogs B1875.0, B1900.0 en B1950.0 gebruik. [3]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Moulton, Forest Ray (1918). An Introduction to Astronomy . Macmillan Co., New York. p. 125.
  2. Moulton (1918), ble. 92-95.
  3. U.S. Naval Observatory Nautical Almanac Office; U.K. Hydrographic Office, H.M. Nautical Almanac Office, Nautical Almanac Office (2008). "Time Scales and Coordinate Systems, 2010". The Astronomical Almanac for the Year 2010 . U.S. Govt. Printing Office. p. B2,. ISBN   9780160829727 . {{ cite book }} : AS1-onderhoud: ekstra leestekens ( link )

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]