De facto
is 'n
Latynse
uitdrukking wat "feitlik", "in praktyk" of "volgens gebruik" beteken wat nie uitdruklik in die wet voorgeskryf word nie. Dit word algemeen gebruik in teenstelling tot
de jure
(wat beteken "volgens wet") wanneer daar verwys word na sake aangaande die
wet
,
regering
of tegnieke (soos onder andere standaarde), wat aangetref word uit alledaagse ervaring soos geskep of ontwikkel sonder of in stryd met 'n regulasie. Wanneer dit betrekking het op 'n wetlike onderwerp verwys
de jure
na wat die wet se, terwyl
de facto
verwys na aksies wat gebeur in algemene praktyk.
Die term
de facto
mag ook gebruik word wanneer daar geen relevante wet of standaard bestaan nie, maar die algemene praktyk goed gevestig is, selfs al is dit nie heeltemal universeel nie.
- 'n De facto regering is een wat homself onderhou deur 'n suksesvolle magsvertoon teen die wil van die regmatige wettige regering, selfs al is dit net tydelik en dan sodoende die instellinge van die regmatige wettige regering dwarsboom deur sy eie instellinge daar te stel in die plek daarvan.
[1]
'n
de facto
standaard
is 'n tegniese of ander
standaard
wat so oorheersend is dat almal dit oenskynlik navolg asof dit 'n goedgekeurde standaard is. Die
de jure
standaard verskillend wees: een voorbeeld is die oortreding van die spoedbeperking op snelwee. Alhoewel die
de jure
standaard is om by die snelheidsperk of laer snelheid te ry, is die
de facto
standaard in baie plekke om teen by die snelheidsperk of effe vinniger te ry.
'n Ander voorbeeld: daar is geen wet wat die byvoeging van 'n 27ste letter soos
Þ
tot die 26 letter
Latynse alfabet
verhoed nie. Die byvoeging word verhoed deur die praktiese probleme wat daarmee verbind word en daarom bestaan daar vandag 'n
de facto
beperking op die verandering van die alfabet; dit is onprakties om 'n letter by te voeg aangesien niemand dit sal erken nie.
'n
De facto
standaard word dikwels nie formeel gedefinieer nie en maak eenvoudig staat op die feit dat iemand met 'n idee vorendag gekom het wat so gewild is dat dit nageboots word. Tipiese skeppers van
de facto
standaarde is indiwiduele
maatskappye
,
korporasies
en
konsortiums
. In die rekenaarwese word
de facto
standaarde soms
de jure
standaarde as gevolg van hulle markaandeel in 'n relevante mark.
JavaScript
deur
Netscape
is gestandaardiseer as
ECMAScript
en dele van die
DOM
Vlak 0 is gestandaardiseer in die DOM Vlak 1/2 HTML spesifikasie.
Die aanvaarding van die de facto nasionale tale is 'n manier om onbevooroordeeld te bly. In die
Verenigde State
het die federale regering nie 'n amptelike nasionale taal verklaar nie.
Engels
word aanvaar as die de facto nasionale taal. Om die situasie draaglik te maak het die federale regering die verskillende deelstate die reg gegee om amptelike tale te verklaar. Hierdie reg is al uitgeoefen met
Nieu-Meksiko
wat beide Engels en Spaans as amptelike tale erken.
Louisiana
gebruik
Frans
en Engels as amptelike tale en
Hawaii
gebruik die
Hawaiis
en Engels as amptelike tale.
Op soortgelyke wys was
Russies
nie die wetlike amptelike taal van die voormalige
Sowjet-unie
nie, maar wel die de facto taal. 'n Soortgelyke toestand heers in die
Verenigde Koninkryk
waar Engels die dominante taal is.
Swede
is 'n ander geval van 'n land met geen
de jure
taal. Engels word toenemend deur sy algemene gebruik en groei as
lingua franca
as die
de facto
internasionale taal
beskou.
'n
de facto
regering
is 'n regering is een waarvan al die kenmerke van soewereiniteit deur oorname, oorgedra is vanaf die wettige regering na 'n ander groep wat hul posisie onderhou deur die gebruik van mag.
[2]
In die politiek is 'n
de facto
leier
van 'n land of gebied die persoon wat die gesag aangeneem het, ongeag of dit deur wettige-, grondwetlike- of regverdige metodes was; dikwels word die term slegs gebruik vir diegene wie se mag deur die een of ander faksie as onwettig, ongrondwetlik of andersins as onregverdig beskou word, dikwels deur die afsetting van 'n vorige leier of die ondergrawing van 'n bestaande regeerder se gesag.
De facto
leiers hoef nie noodwendig amptelike posisie te beklee nie en kan dikwels hulle gesag op 'n informele manier afdwing. Hulle gesag kan egter nie ontken word nie en word ander gedwing om hulle posisie as regeerder te erken.
Nie alle
diktators
is
de facto
regeerders nie.
Augusto Pinochet
van
Chili
het byvoorbeeld aanvanklik sy mag verkry as voorsitter van 'n
militere junta
, wat hom vir 'n kortstondige tydperk die
de facto
leier van Chili verklaar het, maar toe het hy later die grondwet aangepas en homself die formele en wettige regeerder van Chili gemaak.
Saddam Hussein
se formele heerskappy oor
Irak
word aangeteken as sou dit in 1979 begin het, die jaar toe hy president van Irak geword het. Sy
de facto
heerskappy het egter reeds begin toe hy as vise-president 'n groot mate van mag uitgeoefen het ten koste van die bejaarde
Ahmed Hassan al-Bakr
.
'n Ander voorbeeld van 'n
de facto
heerser
is iemand wat nie die eintlike heerser is nie, maar baie groot invloed oor die ware heerser uitoefen. Hierdie vorm van
de facto
heerskappy kom dikwels in
monargiee
voor. 'n Paar voorbeelde van sulke de facto heersers is die
Keiserin-weduwee en regentes Cixi
van China, Prins
Alexander Menshikov
van Rusland,
Kardinaal de Richelieu
van Frankryk en Koningin
Marie Caroline van Napels en Sisilie
.
Ander noemenswaardige de facto heersers was
Deng Xiaoping
van die
Volksrepubliek China
en Generaal
Manuel Noriega
van
Panama
. Beide hierdie mans het bykans totale beheer oor hulle onderskeie volke gehad vir baie jare, ten spyte daarvan dat hulle nie wettige grondwetlike ampte of wettige magtiging gehad het om mag uit te oefen nie.
Die
de facto
grense
van 'n land word gedefinieer as die gebied wat sy regering in staat is om sy wette te laat geld en om teen ander lande te verdedig wat daardie grondgebied moontlik
de jure
opeis; die lyn van beheer in
Kasjmir
is 'n voorbeeld van 'n de facto grens.
Op soortgelyke wyse kan 'n nasie
de facto
onafhanklikheid
geniet soos in
Somaliland
, waar die onafhanklikheid nie deur ander nasies of internasionale liggame erken word nie, al het dit sy eie regering wat absolute beheer oor sy opgeeiste gebied uitoefen.
De facto
rasseskeiding
kom dikwels voor waar die gebruikers van 'n gegewe fasiliteit soos 'n biblioteek of skool geneig is om uit daardie buurt te kom en dus die etniese samestelling verteenwoordig. Die fasiliteit word dan ras- of etnies geskei sonder dat daar 'n wet bestaan wat die
de jure
skeiding afdwing.
'n
De facto
monopolie
is 'n stelsel waar baie
verskaffers
van 'n produk toegelaat word om dit te doen maar die mark word sodanig oorweldig deur 'n enkele verskaffer dat die ander verskaffers vir alle praktiese doeleindes net sowel nie bestaan het nie. Mededigingswetgewing is tipies gemik op hierdie soort situasie.
'n Paar wat saambly buite die raamwerk van die
huwelik
se maats word dikwels na verwys as 'n
de facto
man
of
vrou
deur sommige owerhede en in sommige gevalle het so 'n verbintenis dieselfde wetlike implikasies as 'n tradisionele huwelik.
- ↑
Wortham v. Walker, 133 Tex. 255, 128 S.W.2d 1138, 1145. Black’s Law Dictionary 4th Edition (1951) page 504.
- ↑
30 Am Jur 181. Law Dictionary, James A. Ballentine, Second Edition, 1948, page 345.