in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dawn Upshaw
(gebore
17 Julie
1960
) is 'n
Amerikaanse
sopraan. Sy is die ontvanger van verskeie Gramophone-toekennings. Verskeie van haar albums het die Edison-prys gewen. Sy sing beide
opera
en kunsliedere. Haar repertorium sluit
Barokmusiek
en kontemporere musiek in. Verskeie komponiste, insluitende
Henri Dutilleux
, Osvaldo Golijov, John Harbison,
Esa-Pekka Salonen
,
John Adams
en Kaija Saariaho het musiek vir haar geskryf. In 2007 is 'n MacArthur Fellowship aan haar toegeken.
[1]
Dawn Upshaw is in
Nashville
,
Tennessee
gebore. Sy begin sing terwyl sy skoolgaan aan
Rich East High School
in Park Forest, Illinois. Sy was die enigste vrou wat nog ooit as tweedejaar tot die topkoor (die Singing Rockets) bevorder is. Sy behaal 'n
B.A.
in 1982 aan Illinois Wesleyan University waar sy sang studeer onder Dr. David Nott. Sy studeer verder onder Ellen Faull aan die Manhattan School of Music in
New York Stad
en behaal haar M.M. in 1984. Sy woon kursusse by wat deur Jan DeGaetani aangebied word aan die Aspen Music School. Sy was 'n wenner van die
Young Concert Artists International Auditions
(1984) en die Walter W. Naumburg-kompetisie (1985), en was 'n lid van die
Metropolitan Opera
Ontwikkelingsprogram vir jong kunstenaars. Sedert haar opgang in 1984 het Upshaw meer as 300 opvoerings by die
Metropolitan Opera
gemaak.
2014 Grammy-toekenning vir Beste Klassiek Vokale Solis
:
- Dawn Upshaw, kunstenaar vir
Winter Morning Walks
(
Maria Schneider
)
2007 MacArthur Genoot
[1]
2006 Grammy-toekenning vir Beste Opera Opname
:
- Die Atlanta Simfonieorkes en Koor met Dawn Upshaw vir
Osvaldo Golijov: Ainadamar (Fountain of Tears)
2003 Grammy-toekenning vir Beste Kamerorkes uitvoering
:
- Die Kronos-Kwartet & Dawn Upshaw vir
Berg
: Lyric Suite
1991 Grammy-toekenning vir Beste Klassieke Vokale Solis
:
- Dawn Upshaw, kunstenaar vir
The Girl with Orange Lips (
Falla
,
Ravel
, ens.)
1989 Grammy-toekenning vir Beste Klassieke Vokale Solis
:
- Dawn Upshaw, kunstenaar vir
Knoxville: Summer of 1915 (Musiek deur
Barber
, Gian Carlo Menotti, John Harbison,
Strawinski
)
Geselekteerde diskografie
[
wysig
|
wysig bron
]
- 1991:
Wolfgang Amadeus Mozart
:
Le Nozze di Figaro
, gedirigeer deur James Levine, Deutsche Grammophon - 435 488-2
- 1992:
Jules Massenet
:
Cherubin
, gedirigeer deur Pinchas Steinberg, RCA Victor Red Seal CD, 09026-60593-2
- 1992:
Henryk Gorecki
:
Simfonie No. 3
, Nonesuch Records/Elektra Records CD, 79282
- 2005:
James Levine
's 25th Anniversary Metropolitan Opera Gala
(1996), Deutsche Grammophon DVD, B0004602-09