'n
Dassie
is enige van vier
spesies
klein, dikkerige,
plantetende
soogdiere
van die
orde
Hyracoidea
. Dit kom in
Afrika
en die
Midde-Ooste
voor. Ten spyte daarvan dat die dassie nie baie indrukwekkend lyk nie, het dit 'n baie lang stamlyn wat terugdateer tot in prehistoriese tye. Die dassie is die naaste lewende familie van die
olifant
.
'n Klipdassie op
Tafelberg
.
Dassies het kort pote, 'n dik pels en is rond, met 'n baie kort stompiestert. Hulle is omtrent so groot soos 'n huiskat. Van ver af kan hulle soos vetgevoerde
konyne
lyk: die vroee ontdekkers vanaf Fenisie het inderdaad die konyne van die
Iberiese
skiereiland
vir dassies aangesien (dassies word in
Hebreeus
Shaphan
genoem); en het die area as
I-Shapan-im
benoem. Dit beteken
land van die dassies
, wat toe in
Latyn
opgeneem is as
Hispania
, die wortelwoord van
Spanje
se hedendaagse naam
Espana
en ook van die
Afrikaanse
naam daarvoor.
Volwasse
dassies het 'n massa van tussen 3 en 4 kg en 'n gemiddelde
lengte
van ongeveer 45 cm.
Habitat en voortplanting
[
wysig
|
wysig bron
]
Dassies word hoofsaaklik in klipskeure en rotse aangetref. Na 'n draagtyd van 7½ maande gee die
wyfie
geboorte aan twee tot drie kleintjies.
Alle nie-uitgewiste dassies is lede van die familie
Procaviidae
. In die verlede was daar baie meer dassiesoorte. Die orde is die eerste keer in die
fossielrekord
te vinde meer as 40 miljoen jaar gelede. Waarskynlik was die dassie vir baie miljoene jare die belangrikste grasvreter in Afrika. Die grootse spesies was omtrent so groot soos 'n hedendaagse perd.
Soos wat die
beesspesies
ontwikkel het, het die sterk kompetisie begin gee, en die dassies begin uitskuif as 'n minder belangrike spesie. Die afstammelingspesies het begin aanpas: sommige se grootte het verklein en hulle word die voorsate vir die moderne dassie. Andere blyk in die water begin woon het, en vanuit hierdie stamboom kom die olifantfamilie, en dalk ook die orde
Sirenia
: die
dugongs
en
lamantyne
).
DNS
-getuienis ondersteun hierdie teorie. Die hedendaagse dassie deel baie eienskappe met die olifant, soos die toonnaels, sensitiewe kussings op hul pote, die
slagtande
en die vorm van hulle gebeendere.
Hulle het vandag nog steeds sekere kenmerke van die vroee soogdiere: hulle het veral nie goeie interne temperatuurkontrole nie (wat die rede is waarom hulle in die son sit en bak en bymekaar saamdrom). Hulle het ook swakontwikkelde snytande, en moet dus hulle kos afskeur deur die tande aan die kante van hul kake te gebruik. Hulle herkou nie, maar het eerder komplekse veelvuldige
mae
waarin
simbiotiese
bakterie
e die harde plantvesels verteer.
Slegs vier dassiespesies word vandag wetenskaplik erken, alhoewel daar meer as 50 subspesies bestaan.
Die vier erkende spesies is:
- Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke
(1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika.
ISBN 0-86953-027-5
.