Daniel Barenboim

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Daniel Barenboim
Daniel Barenboim in 2008
Gebore 15 November 1942 ( 1942-11-15 ) (81 jaar oud)
Nasionaliteit Vlag van Argentinië  Argentinie
Vlag van Israel  Israel
Vlag van Spanje  Spanje
Vlag van Staat Palestina  Staat Palestina
Beroep Pianis en dirigent
Eggenoot Jacqueline du Pre (1967?1987; haar dood)
Elena Bashkirova (1988? hede )
Kinders 2
Ouer(s) Aida (nee Schuster)
Enrique Barenboim
Webwerf danielbarenboim.com

Daniel Barenboim (gebore 15 November 1942) is ’n pianis en orkesdirigent wat in Argentinie gebore is en in verskeie lande orkeste gedirigeer het. Hy is 'n burger van Argentinie, Israel , Spanje en die Staat Palestina . Sy eerste vrou was die beroemde tjellis Jacqueline du Pre. [1]

Barenboim (wat "peerboom" in Jiddisj beteken) [2] is in Buenos Aires gebore, sy grootouers was Russiese Asjkenasiese Jode . Hy word aanvanklik as 'n pianis bekend, maar hy het daarna sy merk as dirigent gemaak. Hy is veral belangrik vir sy werk met die Wes-Oos Divan-orkes, wat jong Arabiese en Israeliese musikante opgelei. Hy het dikwels die onwettige Israeliese nedersettings op Palestynse grond gekritiseer. In 2001 was talle Israelies ontstoke toe hy die werk van Richard Wagner opvoer. Wagner se musiek is sedert 1938 nie in Israel opgevoer nie, omdat hy anti-Joods en ook Adolf Hitler se gunsteling komponis was.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "Maestro with the magic touch" in The Independent, Friday 29 Jan 2010, Artsfilmusic section bl. 4

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]