- Hierdie artikel handel oor die Dalai Lama in die algemeen. Vir die artikel oor die huidige Dalai Lama, sien
Tenzin Gyatso
.
Dalai Lama
|
Gendun Drup, die 1ste Dalai Lama.
|
Tibettaans
|
????????????
|
Transliterasie
|
t? la'i bla ma
|
Konvensioneel
|
Dalai Lama
|
Huis
|
Dalai Lama
|
Die
Dalai Lama
is ’n
monnik
van die
Gelug
-skool van
Tibettaanse Boeddhisme
[1]
wat deur
Tsongkhapa
gestig is. Die Dalai Lama word beskou as die opvolger in ’n lyn van
reinkarnasies
van
Avalokitesvara
,
[2]
die
bodhisattva
van meelewing.
[3]
Die term is ’n kombinasie van die
Mongoolse
woord
dalai
("oseaan") en die
Tibettaanse
woord
bla-ma
("ghoeroe, onderwyser, mentor").
[4]
Die 1ste Dalai Lama was
Gendun Drup
en die 14de en huidige Dalai Lama is
Tenzin Gyatso
.
Van 1642 tot die 1950's (buiten 1705 tot 1750) het die Dalai Lamas of hul regente aan die hoof gestaan van die
Tibettaanse
regering, wat oor die grootste deel van die Tibettaanse Plato regeer het. Die
Ganden Tripa
is egter in naam die hoof van die Gelug-Boeddhisteskool.
Die tradisie van gereinkarneerde ghoeroes het in die
Kagyu
-skool van Tibettaanse Boeddhisme ontstaan. In 1252 het
Koeblai
, die toekomstige
Mongoolse
Khagan
en heerser van
Yuan-China
, ’n oudiensie verleen aan
Drogon Chogyal Phagpa
en
Karma Pakshi
, 2de
Karmapa Lama
(1203?1283). Karma Pakshi het egter die beskerming van
Mongke Khan
, die destydse leier en Koeblai se politieke teenstander, gevra en die khan se hof in die Boeddhisme-leringe onderrig.
Voor sy dood in 1283 het Karma Pakshi ’n testament geskryf om die belange van sy Kagyu-volgelinge te beskerm. Hy het sy dissipels aangeraai om ’n seun te soek wat die volgende
karmapa
kon word. Sy opdrag is geskoei op die veronderstelling dat die
dharma
ewigdurend is en dat die
Boeddha
emanasies sou stuur om die sendings wat hy begin het, voort te sit. Karma Pakshi se dissipels het sy wense uitgevoer en die reinkarnasie van hul meester opgespoor.
Die formalisering van die stelsel van karmapa-reinkarnasies deur die Kagyu-skool in die vroee 13de eeu het daartoe gelei dat ander skole van Tibettaanse Boeddhisme dieselfde praktyk aanvaar en hul eie reinkarnasiestelsels begin het.
[5]
In 1546, sowat 336 jaar nadat die 2de
Karmapa
amptelik erken is, is
Sonam Gyatso
op ’n soortgelyke manier deur die
Gelug
-Boeddhisteskool erken as ’n reinkarnasie van hul onderwyser
Gendun Gyatso
, wat op sy beurt nieamptelik in 1487 erken is as die reinkarnasie van sy voorganger,
Gendun Drup
, die hoofdissipel van die Gelug-stigter, Je Tsongkhapa.
[6]
In 1578, nadat Sonam Gyatso na Mongolie genooi is en die khan en die res van sy stam tot die Boeddhisme bekeer het (die eerste Mongoolse stam wat daartoe bekeer is), het die khan die titel "Dalai Lama" aan hom toegeken ? "Dalai" is die Mongoolse vertaling van sy Tibettaanse naam, Gyatso, wat "see" of "oseaan" beteken.
[7]
Binne 50 jaar het feitlik alle
Mongole
hulle tot die Boeddhisme bekeer, onder andere tienduisende monnike, feitlik almal volgelinge van die Gelug-skool en dus lojaal aan die Dalai Lama.
[8]
Die titel is terugwerkend toegeken aan Gendun Drup en Gendun Gyatso, omdat geglo is hulle is Sonam Gyatso se vorige inkarnasies. Hulle het dus onderskeidelik die 1ste en 2de Dalai Lama geword, hoewel nie een van hulle in hul tyd amptelik erken of bekragtig is nie.
[9]
Toe Sonam Gyatso dus in 1578 as die 3de Dalai Lama bekragtig word, is die reinkarnasiestelsel van Dalai Lamas amptelik gevestig as ’n voortsetting van ’n ouer, hoewel informele, opvolgingstradisie.
[9]
Na Sonam Gyatso is al die Dalai Lamas amptelik erken en seremonieel bekragtig. ’n Nuwe Dalai Lama erf ook sy voorganger se kloostertuiste, ander besittings, personeel ens.
[10]
Identifikasie met Avalokiteshvara
[
wysig
|
wysig bron
]
Die geloof in Tibet en ander
Sentraal-Asiatiese
Boeddhistelande dat die bodhisattva van meelewing, Avalokiteshvara, ’n spesiale verhouding met die mense van Titet het en hul lot help verbeter deur te inkarneer as gunstige heersers en onderwysers soos die Dalai Lamas, het reeds in die 11de en 12de eeu posgevat, volgens geskrifte soos
Die Boek van Kadam
,
[11]
die hoofgeskrif van die
Kadampa
-sekte waartoe Gendun Drub aanvanklik behoort het. Die geskrif het volgens sommige die fondament gele vir die
Tibettane
se identifikasie van hul Dalai Lamas met inkarnasies van Avalokiteshvara;
[11]
dit speur die legende van die bodhisattva se inkarnasies selfs verder terug, na vroee Tibettaanse konings en keisers soos Songsten Gampo en Dromtonpa (1004?1064);
[11]
meer as 60 mense voor die 1ste Dalai Lama word as inkarnasies van Avalokiteshvara beskou.
Soektog na die reinkarnasie
[
wysig
|
wysig bron
]
Na die dood van ’n Dalai Lama en raadpleging van die Nechung-
orakel
begin die soektog na die Lama se
yangsi
, of
reinkarnasie
. Dit is tradisioneel die verantwoordelikheid van die hoelamas van die
Gelug
-tradisie en die Tibettaanse regering om sy reinkarnasie op te spoor. Dit kan twee tot drie jaar duur ? in die 14de Dalai Lama,
Tenzin Gyatso
, se geval was dit vier jaar. Die soektog is histories tot Tibet beperk, hoewel die 3de Dalai Lama in
Mongolie
gebore is. Tenzin Gyatso het egter verklaar hy sal nie in die
Volksrepubliek China
herbore word nie; hy het ook gesuggereer hy kan dalk glad nie herbore word nie, wat daarop dui dat die funksie van die Dalai Lama as verouderd beskou word.
[12]
Die Chinese regering het verklaar hy wil die alleengesag wees in die opsporing van die volgende Dalai Lama.
[13]
Die hoelamas gebruik verskeie maniere om die kans te vergroot om die reinkarnasie te vind. Hulle besoek dikwels
Lhamo La-tso
, ’n meer in Sentraal-Tibet, en soek vir ’n teken uit die meer self. Dit kan of ’n visioen wees of ’n aanduiding van die rigting waarin gesoek moet word; dit is hoe Tenzin Gyatso opgespoor is. Daar is beweer
Palden Lhamo
, die vroulike gees van die heilige meer, het Gendun Drup, die 1ste Dalai Lama, in ’n visioen belowe sy sal die reinkarnasielyn van die Dalai Lamas beskerm.
Dit is hier waar die
Reting Rinpoche
in 1935 ’n duidelike visioen gekry het van drie Tibettaanse letters, ’n klooster met ’n liggroen-en-goue dak en ’n huis met turkoois dakteels, en dit het gelei tot die opsporing van Tenzin Gyatso.
[14]
[15]
[16]
Hoelamas kan ook ’n visioen in ’n droom kry of as die Dalai Lama veras word, kan die rigting waarin die rook trek ’n aanduiding wees van waar om te soek.
[12]
Wanneer die hoelamas die huis en seun kry wat hulle glo die reinkarnasie is, moet die seun ’n klomp toetse afle om die hergeboorte te bevestig. Een daarvan is om vir hom ’n klomp artefakte te wys waarvan net sommiges aan die vorige Dalai Lama behoort het; die seun moet dan die regte voorwerpe kies.
[17]
As daar net een seun gevind word, sal die hoelamas lewende
boeddhas
van die drie groot kloosters en ander amptenare nooi om die bevindings te bevestig, en aan die sentrale regering verslag doen. Die seun sal dan na
Lhasa
geneem word, gewoonlik na die
Drepung-klooster
, om die Boeddhistiese
soetras
te bestudeer as voorbereiding vir sy rol as die spirituele leier van Tibet.
[12]
As daar verskeie moontlike reinkarnasies is en dit moeilik is om een te kies, sal belangrike amptenare, monnike en die minister vir Tibet die seuns se name in ’n vaas sit en ’n naam sal in die openbaar getrek word.
[18]
Daar was reeds 14 erkende inkarnasies van die Dalai Lama:
|
Naam
|
Foto
|
Lewe
|
Erken
|
Bekragtig
|
Tibettaans
|
Sjinees/
Tibettaanse pinyin
|
Alternatiewe spellings
|
1
|
Gendun Drup
|
|
1391?1474
|
|
|
???????????????
dge 'dun 'grub
|
根敦朱巴
Gedun Chub
|
Gedun Drub
Gedun Drup
|
2
|
Gendun Gyatso
|
|
1475?1542
|
|
|
?????????????????
dge 'dun rgya mtsho
|
根敦嘉措
Gedun Gyaco
|
Gedun Gyatso
Gendun Gyatso
|
3
|
Sonam Gyatso
|
|
1543?1588
|
1546
|
1578
|
?????????????????
bsod nams rgya mtsho
|
索南嘉措
Soinam Gyaco
|
Sonam Gyatso
|
4
|
Yonten Gyatso
|
|
1589?1617
|
1601
|
1603
|
???????????????
yon tan rgya mtsho
|
雲丹嘉措
Yoindain Gyaco
|
Yontan Gyatso, Yonden Gyatso
|
5
|
Ngawang Lobsang Gyatso
|
|
1617?1682
|
1618
|
1622
|
????????????????
blo bzang rgya mtsho
|
羅桑嘉措
Lobsang Gyaco
|
Lobzang Gyatso
Lopsang Gyatso
|
6
|
Tsangyang Gyatso
|
|
1683?1706
|
1688
|
1697
|
??????????????????
tshang dbyangs rgya mtsho
|
倉央嘉措
Cangyang Gyaco
|
Tsanyang Gyatso
|
7
|
Kelzang Gyatso
|
|
1707?1757
|
1712
|
1720
|
?????????????????
bskal bzang rgya mtsho
|
格桑嘉措
Gaisang Gyaco
|
Kelsang Gyatso
Kalsang Gyatso
|
8
|
Jamphel Gyatso
|
|
1758?1804
|
1760
|
1762
|
??????????????????
byams spel rgya mtsho
|
?白嘉措
Qambe Gyaco
|
Jampel Gyatso
Jampal Gyatso
|
9
|
Lungtok Gyatso
|
|
1805?1815
|
1807
|
1808
|
??????????????????
lung rtogs rgya mtsho
|
隆?嘉措
Lungdog Gyaco
|
Lungtog Gyatso
|
10
|
Tsultrim Gyatso
|
|
1816?1837
|
1822
|
1822
|
??????????????????
tshul khrim rgya mtsho
|
楚臣嘉措
Cuchim Gyaco
|
Tshultrim Gyatso
|
11
|
Khendrup Gyatso
|
|
1838?1856
|
1841
|
1842
|
?????????????????
mkhas grub rgya mtsho
|
凱珠嘉措
Kaichub Gyaco
|
Kedrub Gyatso
|
12
|
Trinley Gyatso
|
|
1857?1875
|
1858
|
1860
|
?????????????????
'
phrin las rgya mtsho
|
成烈嘉措
Chinlai Gyaco
|
Trinle Gyatso
|
13
|
Thubten Gyatso
|
|
1876?1933
|
1878
|
1879
|
?????????????????
thub bstan rgya mtsho
|
土登嘉措
Tubdain Gyaco
|
Thubtan Gyatso
Thupten Gyatso
|
14
|
Tenzin Gyatso
|
|
geb. 1935
|
1939
[19]
|
1940
[19]
(tans in ballingskap)
|
??????????????????
bstan 'dzin rgya mtsho
|
丹增嘉措
Dainzin Gyaco
|
Tenzin Gyatso
|
- ↑
Dr Alexander Berzin (November 2014).
"Special Features of the Gelug Tradition ? para. on Administration"
.
The Buddhist Archives of Dr Alexander Berzin
(in Engels). Berzin Archives.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016
. Besoek op
8 Mei
2015
.
The Dalai Lamas are not the heads of the Gelug tradition
- ↑
"Definition of Dalai Lama in English"
(in Engels). Oxford Dictionaries.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2016
. Besoek op
2 Mei
2015
.
- ↑
Peter Popham,
Relentless: The Dalai Lama's Heart of Steel
[
http://www.newsweek.com/2015/02/06/relentless-dalai-lama-heart-steel-302768.html
Newsweek-artikel, 29 Januarie 2015
- ↑
"lama"
uit
Encyclopædia Britannica
- ↑
Buswell, Robert E.; Lopez, Donald S. Jr.
Princeton Dictionary of Buddhism
(2014 uitg.). Princeton, NJ: Princeton University Press. p. 421.
ISBN
978-0-691-15786-3
. Besoek op
28 Mei
2015
.
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
- ↑
Laird, Thomas (2006).
The Story of Tibet: Conversations with the Dalai Lama
, bl. 239. Grove Press, N.Y.
ISBN 978-0-8021-1827-1
- ↑
McKay 2003, bl. 18
- ↑
Laird, Thomas (2006).
The Story of Tibet: Conversations with the Dalai Lama
, bl. 144. Grove Press, N.Y.
ISBN 978-0-8021-1827-1
- ↑
9,0
9,1
McKay 2003, bl. 19
- ↑
Alexander Berzin (2000).
Wise Teacher, Wise Student
. Ithaca, NY: Snow Lion Publications. p. 20.
ISBN
978-1-55939-347-8
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 15 Oktober 2015
. Besoek op
18 September
2015
.
- ↑
11,0
11,1
11,2
Thubten Jinpa. "Introduction".
The Book of Kadam
. Wisdom Publications.
ISBN
978-0-86171-441-4
.
- ↑
12,0
12,1
12,2
"The Dalai Lama"
(in Engels). BBC. 21 September 2006.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 4 November 2019
. Besoek op
17 Mei
2008
.
- ↑
http://www.nytimes.com/2015/03/12/world/asia/chinas-tensions-with-dalai-lama-spill-into-the-afterlife.html?hp&action=click&pgtype=Homepage&module=second-column-region®ion=top-news&WT.nav=top-news
- ↑
Laird (2006), bl. 139.
- ↑
Norbu & Turnbull (1968), bl. 228?230. Reprint: bl. 311.
- ↑
Hilton, Isabel. (1999).
The Search for the Panchen Lama
. Viking Books. Reprint: Penguin Books. (2000), bl. 42.
ISBN 0-14-024670-3
.
- ↑
"The Dalai Lama's Succession Rethink"
(in Engels). Time World. 21 November 2007. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 24 Augustus 2013
. Besoek op
6 April
2013
.
- ↑
"Dalai Lama's confirmation of reincarnation"
. Tibet Travel info. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 31 Maart 2008
. Besoek op
17 Mei
2008
.
- ↑
19,0
19,1
"Chronology of Events"
.
His Holiness the 14th Dalai Lama of Tibet
(in Engels). Office of His Holiness the Dalai Lama.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 1 April 2017
. Besoek op
18 April
2015
.