Dainfern

Koordinate : 25°58′58″S 27°59′53″O  /  25.98278°S 27.99806°O  / -25.98278; 27.99806
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dainfern
Dainfern is in Gauteng
Dainfern
Dainfern
 Dainfern se ligging in Gauteng
Koordinate: 25°58′58″S 27°59′53″O  /  25.98278°S 27.99806°O  / -25.98278; 27.99806
Land Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Munisipaliteit Stad Johannesburg
Oppervlak
 ? Totaal 4,08 km 2 (1,58 vk. myl)
Bevolking
  (2011) [1]
 ? Totaal 6 601
 ? Digtheid 1 618/km 2 (4 190/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 ?  Wit mense 61.0%
 ?  Indiers/Asiers 7.7%
 ?  Bruin mense 1.7%
 ?  Swart mense 25.8%
 ?  Ander 3.8%
Taal (2011)
 ?  Engels 65%
 ?  Afrikaans 5.0%
 ?  Zoeloe 4.2%
 ?  Tswana /N-Sotho 4.2%
 ?  Ander 21.6%
Poskode (strate)
2055

Dainfern is 'n gholflandgoed tussen Johannesburg en Pretoria gelee. Dainfern se poskode is 2055.

Dainfern is onderverdeel in verskeie woongebiede want dit is nogal groot. 'n Paar van hulle is Sherwood, Hampstead en Highgate. Dit is 'n afgeslote behuisingsarea. Dainfern Ridge en Dainfern Valley is kleiner stedelike gebiede naby Dainfern.

Fasiliteite [ wysig | wysig bron ]

Dainfern het 'n agttienputjiegholfbaan wat oor die landgoed versprei le; die baan het ook geteerde voetpaaie wat maklike toegang aan gholfkarretjies verleen. Die baan is ontwerp deur die professionele gholfspeler Gary Player .

Ander fasiliteite sluit in: tennisbane , swembaddens , 'n vlugbalbaan , muurbalbane en staproetes. Die sentrale klubhuis bevat 'n restaurant en ander geriewe.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Dainfern" . Sensus 2011 .