Sinte
Cyrillus en Methodius
(826/827-869, 815-885;
Grieks
: Κ?ριλλο? κα? Μεθ?διο?;
Ou Kerkslawies
: К
?
риллъ и Ме
?
од?и) was twee broers wat
Bisantynse
Christelike
teoloe en sendelinge was. Deur hul werk het hulle die kulturele ontwikkeling van alle
Slawiers
beinvloed, en daarvoor het hulle die titel "Apostels van die Slawiers" gekry. Hulle het volgens oorlewering die
Glagolitiese alfabet
ontwerp, die eerste alfabet waarin
Ou Kerkslawies
geskryf is.
[1]
Na hul dood het hul studente hul sendingwerk onder die Slawiers voortgesit. Albei word in die
Oosters-Ortodokse Kerk
as
heiliges
vereer met die titel "gelykes van die apostels". In 1880 het
Pous Leo XIII
hul feesdag in die
Rooms-Katolieke Kerk
ingestel.
Die twee broers is in
Thessaloniki
, in die hedendaagse
Griekeland
, gebore ? Cyrillus omstreeks 827-828 en Methodius omstreeks 815-820. Cyrillus was vermoedelik die jongste van sewe broers; sy doopnaam was Konstantyn,
[2]
maar hy het die naam Cyrillus aangeneem toe hy kort voor sy dood in Rome ’n
monnik
geword het,
[3]
[4]
volgens die
Vita Cyrilli
("Die Lewe van Cyrillus"). Methodius se doopnaam was Michael en hy het die naam Methodius aangeneem toe hy in die hedendaagse Uluda? in Noordwes-Turkye ’n monnik geword het.
[5]
Die broers se etnisiteit is nie bekend nie; daar is twyfel of hulle Slawies
[6]
of
Grieke
van Bisantynse oorsprong
[7]
was, of albei.
[8]
Die broers het hul pa verloor toe Cyrillus 14 was en Theoktistos, een van die hoofministers van die
Romeinse Ryk
, het hul beskermheer geword. Hy was saam met die regent Bardas verantwoordelik vir ’n verreikende opvoedingsprogram in die Ryk wat gelei het tot die stigting van die Universiteit van Magnaura, waar Cyrillus sou klas gee. Cyrillus het die een of ander tyd na sy opvoeding ’n priester geword, terwyl sy broer tot 867/868 ’n diaken was.
[9]
Sendings in die Midde-Ooste
[
wysig
|
wysig bron
]
Cyrillus se kennis van
teologie
en van beide
Arabies
en
Hebreeus
het hom geskik gemaak vir sy eerste staatsending. Hy is na die
Abbasidiese Kalifaat
gestuur om die beginsels van die Heilige
Drie-eenheid
met Arabiese teoloe te bespreek en die betrekkinge tussen die kalifaat en die ryk te verbeter.
Die tweede sending (860), wat aangevra is deur die Bisantynse keiser
Michael III
en die
Patriarg van Konstantinopel
Photius
(’n professor aan Cyrillus se universiteit wat hom vroeer jare leiding gegee het) was ’n sendelingekspedisie na die
Chasare
om die uitbreiding van
Judaisme
daar te keer. Die sending was onsuksesvol, aangesien die
khagan
Judaisme aanvaar het as sy volk se staatsgodsdiens.
Na sy terugkeer na Konstantinopel het Cyrillus ’n filosofieprofessor aan die universiteit geword. Sy broer was teen die tyd ’n belangrike man in Bisantynse politiek en administratiewe sake, asook ’n ab van sy
klooster
.
Sending na die Slawiers
[
wysig
|
wysig bron
]
Die broers het in 862 begin met die werk wat hulle later beroemd sou maak. In die jaar het prins
Rastislaf
van
Groot-Morawie
keiser Michael III en patriarg Photius versoek om sendelinge te stuur om die evangelie aan sy Slawiese onderdane te verkondig. Sy motief was waarskynlik meer polities as godsdienstig. Rastislaf het koning geword met die hulp van die
Frankiese
heerser
Lodewyk die Duitser
, maar wou later onafhanklik van die Franke raak.
Cyrillus en Methodius was nie die eerste mense wat die Christendom in Morawie verkondig het nie; die brief van Rastislaf aan Michael III stel dit duidelik sy volk "het reeds die heidendom verwerp en hulle aan die Christelike wette onderwerp".
[10]
Rastislaf het na bewering vroeer sendelinge van die
Rooms-Katolieke Kerk
uit die land gesit en hom na Konstantinopel gewend vir hulp en vermoedelik ’n mate van politieke steun.
[11]
Die keiser het Cyrillus en sy broer gestuur. Dit was ’n gulde geleentheid vir die uitbreiding van Bisantynse invloed. Die broers moes assistente oplei, en in 863 het hulle die
Bybel
begin vertaal in wat nou beked is as
Ou Kerkslawies
. Hulle het na Morawie gereis om dit bekend te stel. Hulle was taamlik suksesvol, maar het met Duitse kerklikes gebots wat teen die idee was van ’n spesifiek Slawiese liturgie.
Vir die doel van hierdie sending het hulle die
Glagolitiese alfabet
geskep; dit was die eerste alfabet wat vir Slawiese manuskripte gebruik is. Die alfabet is ontwerp om spesifiek aan die vereistes van die Slawiese taal te voldoen. Die alfabet wat dit vervang het, die
Cyrilliese alfabet
, word vandag nog vir baie tale gebruik.
[11]
Die broers het ook die eerste Slawiese burgerlike kode geskryf wat in Groot-Morawie gebruik is. Die taal wat uit Ou Kerkslawies ontstaan het, bekend as
Kerkslawies
, word steeds as liturgiese taal gebruik deur baie
Oosters-Ortodokse kerke
en ook in sommige Oosters-Katolieke kerke.
Dit is onmoontlik om vas te stel watter dele van die Bybel die broers vertaal het. Dit lyk of die
Nuwe Testament
en die
Psalms
eerste was, gevolg deur dele van die
Ou Testament
.
Dit is ook nie bekend watter liturgie, die van
Rome
of die van Konstantinopel, hulle as bron gebruik het nie. Hulle kon die
Romeinse teks
gebruik het, soos lyk uit liturgiese fragmente met teks wat baie met die Latynse bewoording ooreenstem. Die mening word ondersteun deur sekere ou Glagolitiese liturgiese fragmente wat waarskynlik die oudste dokument in Slawies is. Die broers sou in elk geval nie permanente sukses behaal het sonder die goedkeuring van Rome nie.
In 867 het
pous Nikolaas I
die broers na Rome genooi. Hul evangelisasiewerk in Morawie het teen die tyd die fokus geword van ’n dispuut met Dietmar I, die aartsbiskop van Salzburg en biskop van Passau, wat aanspraak gemaak het op ekklesiastiese beheer oor dieselfde gebied en wou he dat slegs die Latynse liturgie gebruik word. Hulle het in 868 in Rome aangekom, waar hulle hartlik ontvang is.
Hul projek in Morawie het die steun geniet van
pous Adrianus II
, wat die gebruik van die nuwe Slawiese liturgie goedgekeur het. Hy het Methodius daarna self as priester ingewy. Ander priesters en diakens is ook ingewy.
[12]
In die tyd het Cyrillus gevoel hy het nie meer lank oor om te lewe nie en hy het ’n monnik geword. Hy is 50 dae later (op 14 Februarie 869) in Rome oorlede.
Methodius het nou alleen die werk onder die Slawiers voortgesit, maar eers in Pannonie weens politieke onrus in Groot-Morawie. Dit het nuwe onmin veroorsaak met die biskop van Salzburg, onder wie se jurisdiksie Pannonie 75 jaar geval het. Pous Adrianus het Methodius toe aangestel as aartsbiskop van Sirmium, ’n ouer titel as die van Salzburg, met jurisdiksie oor Groot-Morawie en Pannonie.
Na Methodius se dood op 6 April 885
[13]
het openlike konflik ontstaan. Methodius se opvolger is nie deur
pous Stefanus V
erken nie en die Slawiese liturgie is verbied.
[14]
Die pous het die berugte Wiching as Methodius se opvolger aangewys, en die het die twee broers se dissipels in 885 uit Groot-Morawie verban. Hulle het na
Bulgarye
gevlug, waar hulle teologiese skole gestig het. Daar het hulle die Cyrilliese skrif ontwerp om die Glagolitiese alfabet te vervang as skrif vir Ou Kerkslawies, en dit het Bulgarye se amptelike taal geword. Later het dit na die Oos-Slawiese grondgebied van
Kief-Roes
versprei, en eindelik deur die grootste deel van die Slawiese wereld, waar dit die standaardalfabet in die Oos-Ortodokse Slawiese lande geword het.
Methodius is in die hoofkatedraal van Groot-Morawie begrawe, maar omdat dit onbekend is wat die land se hoofstad was, is die plek van sy graf onbekend.
[15]
Ontwerp van die Slawiese alfabette
[
wysig
|
wysig bron
]
Die
Glagolitiese
en die
Cyrilliese alfabet
is die oudste bekende Slawiese
alfabette
en is deur die twee broers en hul studente ontwerp om die Bybel en ander dokumente in Slawies te vertaal.
[16]
Die vroee Glagolitiese alfabet is tussen 863 (die aankoms van Cyrillus en Methodius) en 885 (die verbanning van hul studente) in Groot-Morawie gebruik vir regerings- en godsdienstige dokumente en boeke, asook by die Groot-Morawiese Akademie (
Ve?komoravske u?ili?te
) wat Cyrillus gestig het en waar sy en Methodius se volgelinge opgelei is. Cyrillus was tradisioneel die uitvinder van die alfabet. Die tradisie is bevestig deur die pouslike brief
Industriae tuae
(880) waarin die gebruik van Ou Kerkslawies goedgekeur word; daarin word gese die alfabet "is uitgevind deur Konstantyn die Filosoof". Dit impliseer daar was nie voorheen ’n skrif vir Slawiese tale nie.
Die vroee Cyrilliese alfabet is in die
Eerste Bulgaarse Ryk
ontwerp
[17]
en later in die Ohrid- en die Preslav-skool van tsaar
Boris I
van Bulgarye gefinaliseer en versprei deur die broers se dissipels
[18]
as ’n vereenvoudiging van die Glagolitiese alfabet sodat dit meer soos die
Griekse alfabet
lyk.
Na Cyrillus se dood het
Clemens van Ohrid
Methodius van Rome vergesel na Pannonie en Groot-Morawie. Na Methodius se dood het Clemens die stryd teen die Duitse kerklikes in die land gevoer. Na ’n tyd in die tronk en sy verbanning uit Groot-Morawie het hy in Bulgarye aangekom. Hy is na die hoofstad,
Pliska
, gestuur waar hy opdrag van tsaar Boris I gekry het om die toekomstige kerklui van die staat in Slawies en die Glagolitiese alfabet op te lei. Hy het in die volgende sewe jaar sowat 3 500 studente gehad.
Monumente van Cyrillus en Methodius
[
wysig
|
wysig bron
]
-
-
-
Sofia
-
-
-
-
-
Morawie, Tsjeggie
-
-
-
-
-
-
T?ebi?, Tsjeggie
- ↑
Liturgy of the Hours, Vol. III, 14 Februarie.
- ↑
Cyril and Methodius
,
Encyclopædia Britannica
2005
- ↑
Vita Constantini slavica
,
Cap. 18: Denkschriften der kaiserl. Akademie der Wissenschaften 19, Wene 1870, p. 246
- ↑
Hoofstuk 18 van die Slawiese
Life of Constantine
, ’n Engelse vertaling
- ↑
http://www.carpatho-rusyn.org/spirit/cyril.htm
- ↑
* Mortimer Chambers, Barbara Hanawalt, Theodore Rabb, Isser Woloch, Raymond Grew.
The Western Experience with Powerweb
. Eighth Edition. McGraw-Hill Higher Education 2002. University of Michigan. p. 214.
ISBN 9780072565447
- Balkan Studies
, Volume 22. Hidryma Melet?n Cherson?sou tou Haimou (Thessalonik?, Greece). The Institute, 1981. Original from the University of Michigan. p. 381
- Loring M. Danforth.
The Macedonian Conflict: Ethnic Nationalism in a Transnational World
. Princeton University Press, 1995. p. 49
ISBN 9780691043562
.
- Roland Herbert Bainton.
Christianity: An American Heritage Book Series
. Houghton Mifflin Harcourt, 2000. p. 156.
ISBN 9780618056873
- Johann Heinrich Kurtz, John Macpherson.
Church History
. Hodder and Stoughton, 1891. University of California. p. 431
- ↑
*
Columbia Encyclopedia
, Sixth Edition. 2001?05, s.v. "Cyril and Methodius, Saints" "Greek missionaries, brothers, called Apostles to the Slavs and fathers of Slavonic literature."
- Encyclopedia of World Cultures
, David H. Levinson, 1991, p.239, s.v., "Social Science"
- Eric M. Meyers,
The Oxford Encyclopedia of Archaeology in the Near East
, p.151, 1997
- V.Bogdanovich,
History of the ancient Serbian literature
, Belgrade, 1980, p.119
- Hastings, Adrian (1997).
The construction of nationhood: ethnicity, religion, and nationalism
. Cambridge: Cambridge University Press. p. 126.
ISBN
0-521-62544-0
.
- ↑
* Philip Lief Group.
Saintly Support: A Prayer For Every Problem
. Andrews McMeel Publishing, 2003. p. 37.
ISBN 9780740733369
- UNESCO Features: A Fortnightly Press Service
. United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization., 1984. University of Michigan
- ↑
The Lives of the Ninth-Century Popes (Liber Pontificalis)? Google Knihy
. Books.google.cz. 1 Januarie 1995.
ISBN
0-85323-479-5
. Besoek op
24 Desember
2015
.
- ↑
Vizantijskoje missionerstwo, Iwanof S.A.,
Iaziki slawianskoi koel'toeri
, Moskou 2003, p. 147
- ↑
11,0
11,1
Encyclopædia Britannica, Cyril and Methodius, Saints, O.Ed., 2008
- ↑
"Sv. Gorazd a spolo?nici"
[St. Gorazd and his colleagues].
Franciscan Friars of Slovakia
(in Slowaaks).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2018
. Besoek op
27 Augustus
2015
.
- ↑
Жит?е Ме?од?я (
Die Lewe van Methodius
), hoofst. XVIII ?
available on-line
- ↑
Richard P. McBrien,
Lives of the Popes
, (HarperCollins, 2000), 144.
- ↑
Short Life of Cyril & Methodius. Translated by Jan Stanislav: ?ivoty slovanskych apo?tolov Cyrila a Metoda v legendach a listoch. Tur?iansky Sv. Martin: Matica slovenska, 1950, p. 88. (Slovak)
- ↑
Encyclopædia Britannica,
Major alphabets of the world, Cyrillic and Glagolitic alphabets
, 2008, Ou uitg.
- ↑
Paul Cubberley (1996) "The Slavic Alphabets"
- ↑
Daniels en Bright, reds.
The World's Writing Systems.
Oxford University Press.
ISBN 0-19-507993-0