- Hierdie artikel handel oor die Rugbykompetisie in Suid-Afrika. Vir die voorheen gelyknamige Krieketkompetisie in Suid-Afrika, sien
Sunfoilreeks
.
Curriebeker
|
2024 Curriebeker Premierafdeling
|
|
Die Curriebeker se kenteken
|
|
Sportsoort
|
Rugby
|
Gestig
|
1891
|
Eienaar
|
Suid-Afrikaanse Rugbyunie
|
Inwydingseisoen
|
1892
|
Deelnemende lande
|
Suid-Afrika
|
Divisies
|
Premierafdeling
Eerste afdeling
|
Aantal spanne
|
Premierafdeling: 9
Eerste afdeling: 8
|
Mees onlangse kampioen
|
Vrystaat Cheetahs
(2023)
|
Verwante kompetisies
|
Rugby-uitdaagreeks
|
Borg(e)
|
Carling
|
Die
Curriebekertoernooi
(tot 2015 ook bekend as die
ABSA
Curriebeker weens borgskapvereistes) is
Suid-Afrika
se oudste en belangrikste plaaslike
rugbykompetisie
wat agt provinsies of streke binne ’n provinsie verteenwoordig. Hoewel dit die belangrikste plaaslike kompetisie is, ding Suid-Afrikaanse spanne ook jaarliks in die
Verenigde Rugbykampioenskap
mee.
[1]
Die Curriebeker dateer so ver terug as 1889 en is een van die oudste rugbykompetisies ter wereld. Die toernooi word as die hoeksteen van Suid-Afrika se rugby-erfenis beskou. Tussen 1892 en 1966 is daar op ongereelde grondslag om die beker meegeding, maar sedert 1968 word 'n wenner jaarliks bepaal. Die goue trofee is steeds die hoogste prys in plaaslike Suid-Afrikaanse rugby.
Die kompetisie het sy nederige begin as ’n interdorp-kompetisie in 1884 gehad, maar toe die
Suid-Afrikaanse Rugbyraad
in 1889 gestig is, is besluit om ’n nasionale kompetisie te organiseer wat spanne van al die groot unies sou insluit. Die unies wat deelgeneem het was die
Westelike Provinsie
,
Griekwaland-Wes
,
Transvaal
en
Oostelike Provinsie
. Die eerste toernooi is in
Kimberley
gehou en is deur die Westelike Provinsie gewen. Die wenprys was ’n silwer beker wat geskenk is deur die Suid-Afrikaanse Rugbyraad, wat nou in die SA Rugbymuseum in
Kaapstad
te sien is.
Die huidige goue beker is in 1892 in gebruik geneem. Sir
Donald Currie
, die skeepsmagnaat, het dit aan W.E. Maclagan, kaptein van die eerste
toerspan uit die Britse Eilande
na Suid-Afrika, toevertrou op die vooraand van hulle vertrek na Suid-Afrika. Maclagan sou die trofee aan die eerste span toeken wat die toerspan kon klop. Daarna moes dit ’n wisseltrofee vir die Suid-Afrikaanse provinsiale kampioenspan word. Die toerspan het al sy wedstryde gewen, maar nogtans die trofee oorhandig aan
Griekwaland-Wes
, wat met net 3-0 verloor het. Sir Donald het ook trofee aan verskeie ander Suid-Afrikaanse sportsoorte geskenk, insluitende
krieket
,
sokker
,
swem
en
waterpolo
, maar net die rugbytoernooi het onder die oorspronklike naam voortgegaan.
Terwyl plaaslike unies reeds van 1892 om die Curriebeker meegeding het, het dit ’n paar dekades geduur voordat ’n amptelike kompetisie tot stand gebring is. Na jare van geleentheidstoernooie wat deur die Westelike Provinsie oorheers is, het Suid-Afrika se belangrikste kompetisie met groot verwagting in
1968
afgeskop. In daardie jaar het
Noord-Transvaal
, onder leiding van die legendariese
Frik du Preez
,
Transvaal
met 16-3 in die eindronde gewen, wat ’n era van algehele oorheersing deur die
Pretorianers
ingelyf het waarin hulle die Curriebeker 16 keer gewen het en drie keer die titel gedeel het. Hierdie besonderse prestasie sou waarskynlik nie moontlik gewees het sonder die kundigheid van
Naas Botha
nie. Hy kon die spel meesterlik beheer met uitmuntende taktiese bewustheid deur ’n loopbaan wat oor drie dekades gestrek het. Botha kon manalleen opponerende spanne op hul kniee dwing en hy het in 1987 al Noord-Transvaal se 24 punte teenoor Transvaal se 18 in die eindronde aangeteken.
Sedertdien het die Curriebeker ’n jaarlikse kompetisie geword met net een span wat Noord-Transvaal se oorheersing kon teenstaan ? die Westelike Provinsie. Feesvierings het in Kaapstad uitgebreek toe die Westelike Provinsie Noord-Transvaal met 24-7 in die eindronde van 1982 gewen het, wat die Westelike Provinsie se eie goue era ingelyf het. Curriebekerhelde soos
Faffa Knoetze
,
Calla Scholtz
en die stoomroller-vleuel
Neil Burger
het verseker dat die Beker vir vyf jaar in Kaapstad gebly het voordat dit weer terug noorde toe is.
Met die keer van die dekade is Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners getrakteer op twee van die mees onvergeetlike Curriebeker-eindrondes. In
1989
het die vleuel
Carel du Plessis
’n drie in die doodsnikke van die wedstryd gedruk om te verseker dat die Beker met Noord-Transvaal gedeel is. Die telling was 16-elk. Die daaropvolgende jaar was die gevoel dat Noord-Transvaal net moes opdaag om teen
Natal
te wen. Die
piesangboere
het egter ’n opskudding veroorsaak toe hulle, geinspireer deur die losskakel
Joel Stransky
, die wedstryd met 18-12 gewen het. Die 1990’s het ook gesien hoe Natal asook Transvaal, onder kapteinskap van
Francois Pienaar
sterker word, maar sedert Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale sport in
1992
het die belangrikheid van die Curriebeker stelselmatig afgeneem.
Deesdae is die kompetisie in die skadu van die
Verenigde Rugbykampioenskap
en
die Rugbykampioenskap
in terme van belangrikheid vir Suid-Afrika se topspelers. ’n Mens hoef egter net te kyk na die glimlagte op spelers se gesigte wanneer hulle die Curriebeker wen, om te bevestig dat die Curriebeker steeds ’n spesiale plek het in die harte van Suid-Afrikaanse rugbyspelers en -toeskouers.
Vir die 2013-seisoen was die prysgeld soos volg bepaal:
- Wenner van die premierafdeling: R1,8 miljoen
- Naaswenner van die premierafdeling: R1,2 miljoen
- Wenner van die eerste afdeling: R1 miljoen
- Naaswenner van die eerste afdeling: R500 000
- Wenner van die o/21 A-afdeling: R200 000
- Naaswenner van die o/21 A-afdeling: R50 000
- Wenner van die o/19 A-afdeling: R200 000
- Naaswenner van die o/19 A-afdeling: R50 000
In
2016
en
2017
het die
Welwitschias
van
Namibie
aan die Curriebeker deelgeneem.
[2]
[3]
In
2019
het die
Argentynse
Jaguares XV
aan die Curriebeker deelgeneem. In 2020 het die Georgiese span Tbilisi Caucasians aan die Curriebeker deelgeneem.
[4]
In 2022 het die Georgiese span Black Lions, die Keniaanse span Simbas en die Zimbabwiese span Zimbabwe Goshawks in die eerste afdeling meegeding.
[5]
In 2023 het die Namibiese Welwitschias, die Zimbabwiese Goshawks, die Keniaanse Simbas en die Amerikaans-Meksikaanse San Clemente Rhinos aan die eerste afdeling deelgeneem.
[6]
Die trofee waarom jaarliks meegeding word is deur sir Donald Currie, eienaar van die
Union-Castle-Redery
, aan die toerspan van die
Britse Eilande
geskenk. Sy instruksies aan die span was om die trofee te oorhandig aan die span wat die beste wedstryd teen die besoekers gespeel het, en na ’n moedige stryd het Griekwaland-Wes die eerste ontvangers van die Curriebeker geword. Die trofee is vandag nog die heilige graal van Suid-Afrikaanse rugby.
Aan die einde van 2012 is die trofee na Garrard van Londen, die Kroonjuweliers en oorspronklike vervaardigers, gestuur om gerestoureer te word. Die trofee, wat in 1875 vervaardig is, se handvatsel is in ere herstel en die trofee het ook weer sy goue glans aangeneem.
[7]
Suid-Afrika is tans verdeel in 14 unies. Vier trek spelers van ’n hele provinsie:
Daar is twee unies in die
Oos-Kaap
:
en ook in die
Vrystaat
:
Daar is drie unies in die
Wes-Kaap
:
Gauteng
het twee unies wat eksklusief van dele van daardie provinsie spelers kry:
Laastens is daar een unie wat gedeeltelik spelers van Gauteng asook ’n hele provinsie kry:
Seisoen
|
Tuisspan
|
Telling
|
Besoeker
|
Wedstrydplek
|
1889
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1892
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1894
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1895
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1897
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1898
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1899
[1]
|
Griekwaland-Wes
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1904
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1906
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1908
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1911
|
Griekwaland-Wes
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1914
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1920
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1922
|
Transvaal
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1925
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1927
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1929
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1932
|
Grens
/
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1934
|
Grens
/
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1936
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1939
|
Westelike Provinsie
|
6?17
|
Transvaal
|
Nuweland
,
Kaapstad
|
1946
|
Noord-Transvaal
|
11?9
|
Westelike Provinsie
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
1947
|
Westelike Provinsie
|
16?12
|
Transvaal
|
Nuweland
,
Kaapstad
|
1950
|
Transvaal
|
22?11
|
Westelike Provinsie
|
Ellispark
,
Johannesburg
|
1952
|
Boland
|
9?11
|
Transvaal
|
Wellington
|
1954
|
Westelike Provinsie
|
11?8
|
Noord-Transvaal
|
Nuweland
,
Kaapstad
|
1956
|
Natal
|
8?9
|
Noord-Transvaal
|
Kings Park-stadion
,
Durban
|
1957/59
[2]
|
Westelike Provinsie
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
N.v.t.
|
1968
|
Noord-Transvaal
|
16?3
|
Transvaal
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
1969
|
Noord-Transvaal
|
28?13
|
Westelike Provinsie
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
1970
|
Griekwaland-Wes
|
11?9
|
Noord-Transvaal
|
De Beers-stadion
,
Kimberley
|
1971
|
Transvaal
|
14?14
|
Noord-Transvaal
|
Ellispark
,
Johannesburg
|
1972
|
Oos-Transvaal
|
19?25
|
Transvaal
|
Pam Brink-stadion
,
Springs
|
1973
|
Noord-Transvaal
|
30?22
|
Oranje-Vrystaat
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
1974
|
Noord-Transvaal
|
17?15
|
Transvaal
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
1975
|
Oranje-Vrystaat
|
6?12
|
Noord-Transvaal
|
Vrystaatstadion
,
Bloemfontein
|
1976
|
Oranje-Vrystaat
|
33?16
|
Westelike Provinsie
|
Vrystaatstadion
,
Bloemfontein
|
1977
|
Noord-Transvaal
|
27?12
|
Oranje-Vrystaat
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
1978
|
Oranje-Vrystaat
|
9?13
|
Noord-Transvaal
|
Vrystaatstadion
,
Bloemfontein
|
1979
|
Westelike Provinsie
|
15?15
|
Noord-Transvaal
|
Nuweland
,
Kaapstad
|
1980
|
Noord-Transvaal
|
39?9
|
Westelike Provinsie
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
1981
|
Noord-Transvaal
|
23?6
|
Oranje-Vrystaat
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
1982
|
Westelike Provinsie
|
24?7
|
Noord-Transvaal
|
Nuweland
,
Kaapstad
|
1983
|
Westelike Provinsie
|
9?3
|
Natal
|
Nuweland
,
Kaapstad
|
1984
|
Westelike Provinsie
|
19?9
|
Noord-Transvaal
|
Nuweland
,
Kaapstad
|
1985
|
Westelike Provinsie
|
22?15
|
Noord-Transvaal
|
Nuweland
,
Kaapstad
|
1986
|
Westelike Provinsie
|
22?9
|
Transvaal
|
Nuweland
,
Kaapstad
|
1987
|
Transvaal
|
18?24
|
Noord-Transvaal
|
Ellispark
,
Johannesburg
|
1988
|
Noord-Transvaal
|
19?18
|
Westelike Provinsie
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
1989
|
Westelike Provinsie
|
16?16
|
Noord-Transvaal
|
Nuweland
,
Kaapstad
|
1990
|
Noord-Transvaal
|
12?18
|
Natal
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
1991
|
Noord-Transvaal
|
27?15
|
Transvaal
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
1992
|
Transvaal
|
13?14
|
Natal
|
Ellispark
,
Johannesburg
|
1993
|
Natal
|
15?21
|
Transvaal
|
Kings Park-stadion
,
Durban
|
1994
|
Oranje-Vrystaat
|
33?56
|
Transvaal
|
Springbokpark
,
Bloemfontein
|
1995
|
Natal
|
25?17
|
Westelike Provinsie
|
Kings Park-stadion
,
Durban
|
1996
|
Goue Leeus
[3]
|
15?33
|
Natalse Haaie
[4]
|
Ellispark
,
Johannesburg
|
1997
|
Westelike Provinsie
|
14?12
|
Vrystaat Cheetahs
[5]
|
Nuweland
,
Kaapstad
|
1998
|
Blou Bulle
[6]
|
24?20
|
Westelike Provinsie
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
1999
|
Natalse Haaie
|
9?32
|
Goue Leeus
|
Kings Park-stadion
,
Durban
|
2000
|
Natalse Haaie
|
15?25
|
Westelike Provinsie
|
ABSA-stadion
,
Durban
|
2001
|
Westelike Provinsie
|
29?24
|
Natalse Haaie
|
Nuweland
,
Kaapstad
|
2002
|
Goue Leeus
|
7?31
|
Blou Bulle
|
Ellispark
,
Johannesburg
|
2003
|
Blou Bulle
|
40?19
|
Natalse Haaie
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
2004
|
Blou Bulle
|
42?33
|
Vrystaat Cheetahs
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
2005
|
Blou Bulle
|
25?29
|
Vrystaat Cheetahs
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
2006
|
Vrystaat Cheetahs
|
28?28
|
Blou Bulle
[7]
|
Vodacompark
,
Bloemfontein
|
2007
|
Vrystaat Cheetahs
|
20?18
|
Goue Leeus
|
Vodacompark
,
Bloemfontein
|
2008
|
Natalse Haaie
|
14?9
|
Blou Bulle
|
ABSA-stadion
,
Durban
|
2009
|
Blou Bulle
|
36?24
|
Vrystaat Cheetahs
|
Loftus Versfeld
,
Pretoria
|
2010
|
Natalse Haaie
|
30?10
|
Westelike Provinsie
|
ABSA-stadion
,
Durban
|
2011
|
Goue Leeus
|
42?16
|
Natalse Haaie
|
Ellispark
,
Johannesburg
|
2012
|
Natalse Haaie
|
18?25
|
Westelike Provinsie
|
Mr Price Kings Park
,
Durban
|
2013
|
Westelike Provinsie
|
19?33
|
Natalse Haaie
|
Nuweland
, Kaapstad
|
2014
|
Westelike Provinsie
|
19?16
|
Goue Leeus
|
Nuweland
, Kaapstad
|
2015
|
Goue Leeus
|
32?24
|
Westelike Provinsie
|
Emirates Airline Park
, Johannesburg
|
2016
|
Vrystaat Cheetahs
|
36?16
|
Blou Bulle
|
Vrystaatstadion
, Bloemfontein
|
2017
|
Natalse Haaie
|
21?33
|
Westelike Provinsie
|
Growthpoint Kings Park
,
Durban
|
2018
|
Westelike Provinsie
|
12?17
|
Natalse Haaie
|
Nuweland
, Kaapstad
|
2019
|
Vrystaat Cheetahs
|
31?28
|
Goue Leeus
|
Vrystaatstadion
, Bloemfontein
|
2020?21
[8]
|
Blou Bulle
|
26?19
[9]
|
Natalse Haaie
|
Loftus Versfeld
, Pretoria
|
2021
|
Blou Bulle
|
44?10
|
Natalse Haaie
|
Loftus Versfeld
, Pretoria
|
2022
|
Pumas
|
26?19
|
Griekwas
|
Griekwapark
,
Kimberley
|
2023
|
Vrystaat Cheetahs
|
25?17
|
Pumas
|
Vrystaatstadion
, Bloemfontein
|
1
.
Westelike Provinsie en Transvaal het nie deelgeneem nie.
2
.
Beslis oor twee seisoene.
3
.
Natal is hernoem na die Natalse Haaie.
4
.
Transvaal is hernoem na die Gauteng Leeus; hulle is ook bekend as die Goue Leeus.
5
.
Oranje-Vrystaat is hernoem na die Vrystaat Cheetahs.
6
.
Noord-Transvaal is hernoem na die Blou Bulle.
7
.
Vrystaat Cheetahs en die Blou Bulle het gelykop gespeel en die titel gedeel.
8
.
As gevolg van die
Covid-19-pandemie
beslis tussen November en Januarie.
9
.
Nadat die telling gelykop was, is
ekstra tyd
aan die einde van die wedstryd toegelaat.
Algehele wenners (tot en met 2023)
[
wysig
|
wysig bron
]
Sedert die Curriebeker in 1968 ’n jaarlikse toernooi geword het, lyk dit soos volg:
- Meeste indiwiduele punte in ’n seisoen
- Meeste spanpunte in ’n seisoen
- Meeste indiwiduele driee in ’n seisoen
- Meeste spandriee in ’n seisoen
Span
|
Seisoene
|
Punte
|
Natal
|
1996
|
112
|
- Meeste indiwiduele punte in ’n wedstryd
Naam
|
Span
|
Seisoen
|
Punte
|
Jannie de Beer
|
Vrystaat teen Noord-Vrystaat
|
1997
|
46
|
- Meeste indiwiduele driee in ’n wedstryd
Naam
|
Span
|
Seisoen
|
Driee
|
Jacques Olivier
|
Noord-Transvaal teen Suidwestelike Distrikte
|
1996
|
7
|
- Meeste verskynings in ’n eindstryd
Naam
|
Span
|
Verskynings
|
Seisoene
|
Burger Geldenhuys
Naas Botha
|
Noord-Transvaal
Noord-Transvaal
|
11
|
Tussen 1977 en 1989
Tussen 1977 en 1991
|
Louis Moolman
|
Noord-Transvaal
|
9
|
Tussen 1975 en 1986
|
|
---|
|
Premierafdeling
| |
---|
Eerste afdeling
| |
---|
Seisoene (Premierafdeling)
| |
---|