in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Corfu
of
Korfoe
(
Grieks
:
Κ?ρκυρα
,
Kerkura/Kerkira/Kerkyra
, [?cercira],
Latyns
:
Corcyra
;
Italiaans
:
Corfu
) is ’n
eiland
in die
Ioniese See
noordwes van
Griekeland
en suidwes van
Albanie
. Die eiland het 'n oppervlakte van 1 540 km² en 'n bevolking van 102 071 (2011), van wie ongeveer 'n derde in die gelyknamige hoofstad woon. Die gelyknamige departement omvat die eiland Corfu en enkele ander eilande. Corfu is ’n gewilde toeristebestemming.
[1]
Corfu-stad
Kus
In antieke tye was Corfu 'n kolone van
Korinthe
. Hierdie kolonie was een van die oorsake vir die begin van die
Peloponnesiese oorlog
. Later het die eiland deel van die
Romeinse Ryk
geword. Dit was ook op 'n tyd deel van die
Bisantynse Ryk
gewees.
Die eiland is deur baie lande beheer. In die dertiende eeu het die
Venesiers
beheer oor die eiland geneem en dit tot 1797 regeer. Gedurende hierdie tyd het die
Ottomane
die eiland twee keer aangeval (in 1537 en weer in 1716). Onder
Napoleon Bonaparte
se bewind het die
Franse
die eiland oorgeneem. Hulle het egter beheer in 1799 aan die
Russe
en
Turke
verloor. Daarna is die eiland in 1807 aan Frankryk teruggegee en in 1815 aan
Engeland
oorhandig. In 1864 het die
Verenigde Koninkryk
Corfu saam met die ander Ioniese eilande aan Griekeland oorgedra.
In die negentiende eeu het keiserin Elisabeth van Oostenryk, ook bekend as Sissi, 'n paleis op die eiland gebou. Die paleis staan as
Achilleion
bekend. Die naam van die paleis kom van 'n beeld van die held
Achilles
.
Corfu is 'n gewilde toeristebestemming en een van die mees besoekte eilande in die
Middellandse See
. Die eiland het talle strande, woude en olyfbome.
Corfu-stad het 'n outydse karakter met talle Venesiese, Napoleontiese en Georgiese geboue. In 2007 is die ou kwartier van die stad deur
Unesco
as
werelderfenisgebied
verklaar.
[2]
Die Achilleion-paleis is 'n bekende trekpleister vir toeriste. Daarnaas beskik die eiland oor talle dorpies, strande en bekende kastele.
Maand
|
Jan
|
Feb
|
Mar
|
Apr
|
Mei
|
Jun
|
Jul
|
Aug
|
Sep
|
Okt
|
Nov
|
Des
|
Jaar
|
Hoogste gem. °C
|
14
|
14
|
16
|
19
|
23
|
28
|
31
|
31
|
28
|
23
|
18
|
15
|
22
|
Laagste gem. °C
|
5
|
6
|
7
|
9
|
13
|
16
|
18
|
18
|
16
|
13
|
9
|
7
|
11
|
Neerslag in mm
|
132
|
137
|
99,1
|
61,0
|
35,6
|
15,2
|
7,60
|
17,8
|
76,2
|
147
|
180
|
180
|
90,8
|
Bron: Weather Channel 7 September 2008