in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
- Hierdie artikel handel oor die rivier in die suidwestelike Verenigde State en noordwestelike Meksiko. Vir ander riviere met dieselfde naam, sien
Coloradorivier (dubbelsinnig)
.
Die
Coloradorivier
(
Engels
:
Colorado River
,
Spaans
:
Rio Colorado
, "rooi gekleurd") is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in
Noord-Amerika
. Die rivier, met 'n lengte van 'n 2 334 km, ontspring in die
Rocky Mountain National Park
in
Colorado
. Die vallei van die Coloradorivier is veral bekend weens die
Grand Canyon
in
Arizona
.
Die Coloradorivier vloei deur die volgende lande:
Verenigde State van Amerika
en
Meksiko
. Die rivier loop deur die suid-westelike
Amerikaanse deelstate
Colorado
,
Utah
,
Arizona
,
Nevada
en
Kalifornie
, asook deur die noord-westelike
Meksikaanse deelstate
Baja California
en
Sonora
.
Oorspronklik mond die Coloradorivier in Meksiko aan die
Golf van Kalifornie
uit, maar aangesien al die water gebruik word vir besproeiing,
drinkwater
en ander gebruik, droog die stroom tans op voordat dit Meksiko bereik. Die rivier se stroomgebied het 'n oppervlakte van 637 137 vierkante kilometer (waarvan slegs 5 200 km² Meksikaanse grondgebied is). In die stroomgebied le talle groot maar ook klein syriviere, onder andere die
Virgin
, die
Paria
en die
Kanab
.
- Green Dolores
- Gunnison
- San Juan
- Klein-Colorado
- Gila
- Virgin
- Kanab
- Paria