Clanwilliam
in die
Wes-Kaap
is een van die oudste
dorpe
in
Suid-Afrika
. Die eerste
trekboere
het hulle hier reeds in
1732
langs die
Olifantsrivier
gevestig.
Clanwilliam staan vandag veral vir sy
rooibostee
bekend, wat uitsluitlik in die sanderige valleie van die Sederberge gekweek en hier bemark word. Die vrugbare grond van die gebied lewer daarnaas ook
sitrusvrugte
en wyn op. Die
Clanwilliamdam
by die benedeloop van die
Olifantsrivier
en 'n uitgebreide kanaalstelsel verskaf water vir
besproeiing
.
Clanwilliam
is in die
Sederberg
by die sameloop van die Olifants- en Jan Disselsvleirivier, 232 km noord van Kaapstad en sowat 50 km noord van
Citrusdal
, by die Clanwilliamdam gelee. Die
N7
nasionale pad gaan by Clanwilliam verby.
Die dorp is op die plaas Jan Disselsvlei uitgele, en dit was dan ook sy eerste naam. 'n Onder-drosdy is op 1 Februarie
1808
op die plaas gestig met Daniel Johannes van Ryneveld as assistent-landdros. So is die hele gebied wat vandag as die Noordweste bekend staan onder die landdros van Tulbagh geplaas. Op 1 Januarie
1814
verkry dit die status van afsonderlike distrik en is dit tot Clanwilliam herdoop deur sir
John Cradock
, goewerneur van die Kaap van 1811 tot 1814, ter ere van sy skoonpa, die graaf van Clanwilliam. Die dorpie het vinnig ontwikkel nadat enkele van die
1820-Setlaars
hier gevestig is. Dit het munisipale status verkry in
1901
. Die eerste burgemeester was Charles Fryer, Ierse afstammeling van die 1820-Setlaars.
Elektrisiteit
is in
1938
die eerste maal deur die munisipaliteit aangele.
Munisipaliteit
? Die Clanwilliam dorpsraad het in 1964 'n wapen by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer :
In goud, 'n golwende blou faas belaai met 'n golwende silwer dwarsbalk vergesel in die skildhoof van 'n afgesnede olifantskop van natuurlike kleur wie se slurp die faas oorhang en in die skildvoet van 'n groen drieblaar; 'n gekanteelde skildsoom van hermelyn
. Die helmteken was 'n lemoenboom en die wapenspreuk
Tourjours pret
.
[2]
Die wapen is deur dr Cornelis Pama ontwerp.
Afdelingsraad
? Die afdelingsraad (d.w.s. die plaaslike owerheid vir die landelike gebiede buite die dorpsgrense) het in 1976 'n wapen by die
Buro vir Heraldiek
geregistreer:
In goud, 'n golwende paal van blou belaai met vier golwende stake van silwer en aan weerskante vergesel van 'n lemoen gestengel van natuurlike kleur; op 'n ingedrewe punt van rooi 'n tros van drie vrugte van die Clanwilliamse seder van goud
. Die helmteken was 'n druiwetros tussen twee olifantslurpe en die wapenspreuk
Fide labora
.
[3]
Hoewel die distrik afsonderlik afgestig het, het dit kerklik steeds onder die gemeente
Tulbagh
, wat in
1743
as vierde gemeente aan die Kaap gestig is, geval. Clanwilliam is eers op
26 September
1826
as afsonderlike gemeente afgestig. Aanvanklik het die gemeente die hele
Namakwaland
,
Calvinia
en
Vanrhynsdorp
ingesluit. Die eerste kerkgeboutjie is in
1830
voltooi en die eerste leraar, ds.
William Robertson
, is op 26 Februarie
1832
bevestig. Veel is hier verrig tydens die lang dienstydperk van ds.
C.F. Leipoldt
, vader van die skrywer dr.
C. Louis Leipoldt
. Twee proponente is tydens die aanbou van die besproeiingskema hier van 1933 tot 1936 met fondse uit die Armesorgkas aangestel om die honderd arbeiders te bedien.
Die dorp is wyd bekend om sy Augsburg Landbougimnasium, wat ontstaan het uit die samesmelting in die jare 1990 van die hoerskool en landbouskool. Dit lok leerders vanuit die hele Noordweste en
Namakwaland
.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Clanwilliam
.
|