in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Orde van Cisterciensers
Ordo Cisterciensis
Moederklooster en naamgewer
Abdy van Citeaux
Frankryk
Huidige verspreiding van kloosters
Die
Orde van Cisterciensers
het sy oorsprong in hervormings wat na besware oor die verwereldliking van die Orde van Benediktyne toegepas is. Monnike en nonne, wat bereid is om 'n lewe vol gebed, geestelike lesings en arbeid te voer, is in die orde met sy verskillende takke georganiseer wat in die naamgewende
Franse
Moederklooster te Citeaux se tradisie staan en sy geestelike erfenis bewaar. Die gemeenskap van Cistercienser-ordes, wat in
Latyns
Famila Cisterciensis
genoem word, sluit naas die Orde van Cisterciensers (
Ordo Cisterciensis
, afgekort as
O.Cist.
), 'n kontemplatiewe monastiese orde binne die
Rooms-Katolieke Kerk
, ook die Orde van Cisterciensers van die Streng Observansie (afkorting: OCSO, algemeen bekend as
Trappiste
) en die manlike en vroulike gemeenskappe van Cistercienser-oblate in wat aan een van die genoemde ordes ondergeskik is, maar buite 'n
klooster
lewe.
Die naam Cistercienser (
Frans
:
Cistercien
) is afgelei van
Cistercium
, die Latynse naam vir Citeaux, 'n dorp naby
Dijon
in Oos-Frankryk. In 1098 het 'n groep Benediktyne-monnike uit die klooster Molesme 'n klooster in hierdie nedersetting gestig om hier streng volgens die monastiese reels van Sint Benedictus van Nursia, die
Regula Benedicti
, in afgesonderdheid van die wereld te lewe en God te aanbid. Die bekendstes van hulle was Robert de Molesme, Alberic van Citeaux en die Engelse monnik Stephen Harding wat as die nuwe klooster se eerste drie
abde
gedien het. Bernardus van Clairvaux het in 1113 saam met 'n dertigtal ander adellikes tot die abdy toegetree en 'n beslissende bydrae tot die vinnige uitbreiding van die orde gelewer.
Kenmerke van Cisterciensers was die terugkeer tot hande-, veral veldarbeid, en ekonomiese selfversorging. Ongeewenaar was hul bydraes tot Middeleeuse
landbou
,
argitektuur
, hidrouliese ingenieurswese en
metallurgie
, wat van die orde die vernaamste dryfkrag agter die verspreiding van nuwe tegnologiee in Europa gemaak het. Cistercienser-kloosters en -kerke word onder die voortreflikste voorbeelde van Middeleeuse boukuns gereken.
Monastiese leefwyses is deur
Protestantse
kerkhervormers as sinneloos geag om verlossing deur God te bereik. Die Protestantse hervorming in
Engeland
en die ontbinding van kloosters onder koning
Hendrik VIII
het, net soos die Franse en ander 18de eeuse rewolusies in vastelandse Europa, bygedra tot die orde se agteruitgang. Sommige kloosters het alle godsdienstige en politieke storms getrotseer en voortbestaan. So het die orde in die 19de eeu op baie plekke herleef. Vandag is daar meer as 2 000 mans en vroue wat God in Cistercienser-kloosters verheerlik.
[1]