한국   대만   중국   일본 
Chitungwiza - Wikipedia Gaan na inhoud

Chitungwiza

Koordinate : 17°59′38″S 31°02′53″O  /  17.99389°S 31.04806°O  / -17.99389; 31.04806
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Chitungwiza
Stad
Byname: 
Chi Town
Leuse(s): 
Pamberi Nekushandria Pamwe
Chitungwiza is in Zimbabwe
Chitungwiza
Chitungwiza
Koordinate: 17°59′38″S 31°02′53″O  /  17.99389°S 31.04806°O  / -17.99389; 31.04806
Land Vlag van Zimbabwe  Zimbabwe
Provinsie Masjonaland-Oos
Stigting 1978
Regering
 ? Burgemeester Misheck Shoko
Hoogte
1 448 m (4 751 ft)
Bevolking
 ? Totaal 365 026
Tydsone UTC+02:00 (MET)
 ?  Somertyd UTC+03:00 (MEST)

Chitungwiza ? in die plaaslike omgangstaal dikwels Chi Town genoem ? is 'n satellietstad sowat 30 km suid van die Zimbabwiese hoofstad Harare . Nadat 'n regeringsproklamasie in 1977 voorsiening vir die vestiging van Chitungwiza as selfstandige nedersetting gemaak het, is dit in die volgende jaar uit drie woonbuurte - Seke, Zengeza en St Marys - gevorm om die bevolkingsdruk op die hoofstad te verlig. [1]

Met 'n bevolking van 365 026 volgens die sensus van 2012 dien Chitungwiza - die derde grootste nedersetting in die land - tans veral as slaapstad vir pendelaars wat in Harare werk. Die stad beskik egter oor sy eie infrastruktuur met skole en hospitale. Dit is een van die vinnigste groeiende nedersettings in die land.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Oyekan Owomoyela: Culture and Customs of Zimbabwe . Westport, CT: Greenwood Press 2002, bl. 9