in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Lord
Charles Henry Somerset
(
2 Desember
1767
-
18 Februarie
1831
, Brighton) was goewerneur van die
Kaap die Goeie Hoop
.
Hy was die tweede oudste seun van die hertog van Beaufort (vandaar
Suid-Afrikaanse
plekname soos
Beaufort-Wes
,
Port Beaufort
en
Fort Beaufort
) en die kleinseun van admiraal Boscawen. Somerset kom op
5 April
1814
in die Kaap aan. Sy ampstermyn was deurentyd stormagtig, hoofsaaklik vanwee sy outokratiese ingesteldheid. Die Britse Laerhuis het gereeld aantygings van uitspattigheid en finansiele onbevoegdheid bespreek. Hy het egter ook opreg in die bevordering van die landbou belang gestel en altyd die
1820-Setlaars
in tye van nood bygestaan. Buiten bogemelde dorpe, dra ook
Somerset-Wes
en
Somerset-Oos
sy familienaam.
Sy groot stryd teen persvryheid het hom laat swaarde kruis met
Thomas Pringle
en
John Fairbairn
, wie se
South African Commercial Advertiser
hy probeer onderdruk het.
Na hy na
Engeland
ontbied is om sy optrede te verduidelik, bedank hy in April 1827 waar hy vier jaar later op 20 Februarie sterf.
- Rosenthal, Eric
,
Encyclopaedia of Southern Africa
, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.