in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Rolandslied
(Frans:
Chanson de Roland
) is die beroemdste
Franse
heldedig en behandel die dade van Graaf Roland van die
Bretonse
Mark en sy paladyne (hofridders) wat op
18 Augustus
778
in die slag van
Roncesvalles
(Frans:
Roncevaux
) gesneuwel het.
Die lied, wat in die tradisie van die
chansons de geste
geskryf is, verbeeld Roland as volmaakte
ridder
en bloedverwant van
Karel die Grote
.
Tydens die eerste kruistog teen die
Spaanse
moslems het Roland die opperbevel oor die agterhoede van die Christelike leer. Op hulle terugtog na Frankryk word die ridders in 'n Baskiese hinderlaag gelei. Saam met sy maat
Olivier
red Roland die leer deur sy heldemoed en opoffering en weier tot by sy dood om hulp te versoek.
Die heldedigte of
chansons de geste
behandel historiese onderwerpe uit die Merowingiese en Karolingiese tydperk; die Rolandslied is die eerste bekende voorbeeld. Hierdie epiek is volgens sy eie versleer geskryf en bestaan uit assonerende langverse wat tot
laisses
('n soort strofes) saamgevoeg is. Die voordrag was waarskynlik musikaal.
Die oudste verwerkings van die Rolandslied ontstaan in die
10de eeu
. Dit raak baie gewild in die
11de eeu
en word aan die vooraand van die
slag van Hastings
vir die leer van
Willem die Veroweraar
voorgedra.
Die manuskrip wat in
Oxford
bewaar word, bevat die volledigste verwerking wat in die Anglo-Normandiese dialek geskryf is. Dit is vermoedelik tydens die heerskappy van
Henri (Hendrik) II Plantagenet
in
Normandie
geskryf.
'n
Duitse
bewerking deur die priester Konrad ontstaan omtrent
1170
. 'n
Nederlandse
bewerking van onbekende herkoms is uit dieselfde eeu oorgelewer.
Navorsing deur graaf Tressan
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Franse skrywer en ensiklopedis Louis-Elisabeth de la Vergne, Comte de Tressan (1705?1782), wat tydens 'n verblyf in
Rome
met navorsing oor Oud-Franse ridderromans begin het, was daarvan oortuig dat daar 'n kontinuiteit sou wees van Middeleeuse sangkuns tot in sy eie tydperk. In die volksliedere van boere in die Pirenee-bergreeks, waarna hy geluister het, het hy na bewering op spore van die Middeleeuse Rolandslied afgekom.
[1]
Die eerste laisse van die Rolandslied
[
wysig
|
wysig bron
]
Oud-Franse
teks
|
Afrikaanse
vertaling
|
Carles li reis, nostre emper[er]e magnes
Set anz tuz pleins ad estet en Espaigne:
Tresqu'en la mer cunquist la tere altaigne.
N'i ad castel ki devant lui remaigne;
Mur ne citet n'i est remes a fraindre,
Fors Sarraguce, ki est en une muntaigne.
Li reis Marsilie la tient, ki Deu nen aimet;
Mahumet sert e Apollin recleimet:
Nes poet guarder que mals ne l'i ateignet.
|
Karel die Koning, ons magtige keiser
Sewe volle jare het hy in Spanje deurgebring:
Tot by die see het hy die hoogland verower.
Daar is geen burg wat teen hom bestand is nie,
Daar het geen muur nog stad oorgebly wat hy nog sou kon breek nie,
Met uitsondering van die stad
Zaragoza
, wat op ’n berg le.
Die koning Marsilie, wat God minag, hou dit;
Hy dien Mohammed en hy aanbid Apollo;
Hy kan hom nie vrywaar van die teenspoed wat hom tref nie.
|
- ↑
John Haines:
Eight Centuries of Troubadours and Trouveres. The Changing Identity of Medieval Music
. New York, NY: Cambridge University Press 2004, bl. 108