in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hong Kong Dragon Airlines Limited
(
Chinees
: 港? 航空 有限公司), handeldrywend as
Cathay Dragon
, is 'n internasionale
lugredery
met sy hoofkwartier in Cathay Dragon House op die
Hongkong Internasionale Lughawe
,
Hongkong
.
[1]
[2]
Op 30 Junie 2018 het die lugredery 'n geskeduleerde passasiersnetwerk na 48 bestemmings in 13 lande en gebiede in
Asie
bedryf. Daarbenewens het die lugredery 3 kodedeelooreenkomste op roetes wat bedien word deur vennootrederye. Dit beskik oor 'n vloot van 47 uitsluitlik-
Airbusvliegtuie
, bestaande uit
A320s
, A321s en
A330s
.
Cathay Dragon is 'n volfiliaal van Hongkong se vlagdraer,
Cathay Pacific
, en is 'n geaffilieerde lid van die Oneworld lugrederyalliansie. Die lugredery is op
24 Mei
1985
deur
Chao Kuang Piu
gestig, die lugredery se huidige ere-voorsitter. Sy eerste vlug vertrek uit Hongkong na Kota Kinabalu,
Maleisie
na die toekenning van 'n lugoperateursertifikaat deur die Hongkongregering in Julie 1985. In 2010 het Dragonair, tesame met Cathay Pacific, meer as 138 000 vlugte onderneem, byna 27 miljoen passasiers en meer as 1,8 miljoen ton se vrag en pos vervoer.
[3]