in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Carl Zeiss
(
11 September
1816
?
3 Desember
1888
) was 'n
Duitse
industrialis en optikus. Hy is gebore in
Weimar
. Hy het in
Stuttgart
studeer en in 1846 begin hy 'n klein
werkswinkel
in
Jena
. Hier vervaardig en herstel hy gereedskap van die natuurwetenskapafdeling van die Universiteit van Jena. Sy besigheid groei vinnig en Zeiss verkry 'n reputasie as 'n vervaardiger van kwaliteit-mikroskope. In 1866 het Ernst Abbe by die maatskappy aangesluit. Hy was ook uiters vaardig in optika en later word Abbe en Zeiss se seun, Roderich, vennote in die besigheid. Zeiss sterf op 3 Desember 1888 in Jena. Onder Abbe se beheer sluit die Zeiss-besigheid aan met die van Otto Schott in 1889.
- Collier's Encyclopedia
, Crowell-Collier Educational Corporation, volume 23, bl. 752.