in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Buffalo Bill
|
---|
|
Gebore
| William Frederick Cody
26 Februarie
1846
Le Claire, Scott County,
Iowa
|
---|
Sterf
| 10 Januarie
1917
|
---|
Nasionaliteit
| Verenigde State van Amerika
|
---|
Beroep
| Verkenner, jagter, akteur
|
---|
Bekend vir
| Wild West Show
|
---|
Eggenoot
| Louisa Frederici
|
---|
Kinders
| 4
|
---|
Ouer(s)
| Isaac Cody
Mary Ann Bosnell Laycock Cody
|
---|
Handtekening
|
---|
|
Buffalo Bill
(1846?1917) was 'n kleurvolle figuur uit die Amerikaanse Wilde Weste. Hy was ’n verkenner vir die
Amerikaanse Weermag
en ’n
bisonjagter
. Nadat hy die weermag verlaat het, het hy die “
Wild West Show
” begin waarin hy (saam met mense soos Annie Oakley en
Sitting Bull
) sy slag met skiet en
perdry
gewys het. Die doel was om mense ’n kykie in die lewens van mense in die weste van Amerika te gee. Buffalo Bill se regte naam was William Frederick Cody.
[1]
William Frederick Cody is op
26 Februarie
1846
in die Iowa-gebied (nou die Amerikaanse staat van Iowa) in Le Claire gebore. Hy het vir 'n paar jaar in sy vader se tuisdorp in
Kanada
gewoon voordat sy familie na die Kansas-gebied getrek het.
Hy begin op die ouderdom van elf (na sy pa se dood) te werk. Op 14 word hy 'n ruiter vir die Pony Express. Gedurende die
Amerikaanse Burgeroorlog
het hy van 1863 tot die einde van die oorlog in 1865 gedien. Later het hy as 'n burgerlike verkenner vir die Amerikaanse leer tydens die
Indiane
-oorlog gedien, waarvoor hy 'n eremedalje in 1872 ontvang het.
Buffalo Bill het later bekend geword vir sy Wilde Weste-vertonings met cowboy-temas wat hy georganiseer het. Die eerste vertoning is op
1 Mei
1883
aangebied en hy het selfs daarmee na Brittanje en Europa getoer.
Cody is op
10 Januarie
1917
aan nierversaking oorlede. Hy was omring deur familie en vriende by sy suster se huis in Denver. Die dag voor sy dood is hy deur vader Christopher Walsh in die Katolieke Kerk gedoop.
[2]
[3]
[4]
Hy is begrawe op die bergrand van die
Rocky Mountains
naby Golden,
Colorado
. Die plek word "Lookout Mountain" genoem en dit is vandag 'n park met 'n museum.
- ↑
HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑
Russell, Don (1979).
The Lives and Legends of Buffalo Bill
. Oklahoma: University of Oklahoma Press. p. 469.
ISBN
978-1-4343-4148-8
.
- ↑
Weber, Francis J. (1979).
America's Catholic heritage: some bicentennial reflections, 1776?1976
. Madison, WI: University of Wisconsin ? Madison. p. 49.
- ↑
Mosesl, L.G. (1999).
The Lives and Legends of Buffalo Bill
. New Mexico: UNM Press. p. 193.
ISBN
978-0-8263-2089-6
.