Boogskutter (sterreteken)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Boogskutter (Sagittarius)
Die astrologiese simbool van die Boogskutter

Die Boogskutter (Lat: Sagittarius ) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 22 November en 21 Desember gebore is. Dit is die negende teken van die Diereriem .

Die Boogskutter is een van die drie vuurtekens en vier beweeglike tekens . Dis ’n manlike, positiewe, ekstroverte teken en is vergelykbaar met die Rot van die Sjinese Diereriem. [1] Die tradisionele heerser van die Boogskutter is Jupiter .

Boogskutters kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander vuurtekens, Ram en Leeu , asook met Waterdraers en Weegskale .

Agtergrond [ wysig | wysig bron ]

Jou son- of sterreteken het betrekking op die stand van die Son tydens jou geboorte. Astroloe verdeel die Diereriem, die denkbeeldige gordel aan die hemelruim waarlangs die planete beweeg, in twaalf dele: die son- of sterretekens. Die " sterrebeelde " is eintlik die astronomiese konstellasies aan die hemelruim en kom weens die presessie van die nageweningspunte nie meer ooreen met die twaalf tekens wat in die astrologie gebruik word nie.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Boogschutter (astrologie)
  1. Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes , pxxvii, Souvenir Press, Londen, 2005

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]