in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Bolsjewiste
(
Russies
: большевики, большевисты, afgelei van die woord
bolsje
, "meer") was ’n faksie van die
Marxistiese
Russiese Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty
(RSDAP). Dit het ontstaan toe die party geskeur het; die ander faksie was die
Mensjewiste
(afgelei van
mensje
, "minder"). Die skeuring het plaasgevind op die tweede partykongres in 1903. Die Bolsjewiste het later die
Kommunistiese Party van die Sowjetunie
geword.
[1]
Die Bolsjewiste het die bewind in Rusland oorgeneem tydens die
Oktober-rewolusie
, wat deel was van die
Russiese Rewolusie (1917)
en het die
Sowjetunie
in 1922 gestig na die
Russiese Burgeroorlog
.
Die Bolsjewiste (of "die Meerderheid") was ’n organisasie van professionele rewolusionere met ’n streng interne hierargie wat hulself beskou het as ’n voorhoede van die rewolusionere
proletariaat
. Die party is gestig deur
Wladimir Lenin
, onder wie se leiding die Oktober-rewolusie plaasgevind het.
Op die tweede kongres van die RSDAP, wat in Augustus 1903 in
Brussel
en
Londen
gehou is, was daar groot meningsverskille tussen Lenin en
Julius Martof
, tot in die tyd ’n groot vriend van Lenin. Hulle kon nie hul verskille byle nie en die party het in twee faksies geskeur
[2]
Lenin was die leier van die Bolsjewiste en Martof van die Mensjewiste.
Die twee faksies het in 1903?1904 voortdurend verander soos wat talle lede heen en weer oorgeloop het. Die Bolsjewiste het ’n relatief klein rol gespeel in die
rewolusie van 1905
en was ’n minderheid in die
Sint Petersburg-sowjet
van Werkerafgevaardigdes wat deur
Leon Trotsky
gelei is. In die minder belangrike
Moskou-sowjet
was hulle egter die meerderheid. Hierdie twee sowjets het die model geword waarop ander sowjets in 1917 gestig is.
Die twee faksies het in Januarie 1912 finaal bande verbreek toe die Bolsjewiste ’n partykongres in
Praag
gereel het net vir hul eie lede. Hulle het die Mensjewiste finaal uit die party geskors en ’n onafhanklike party gestig met die naam
RSDAP (Bolsjewiste)
.
Die Bolsjewiste het die party georganiseer met ’n sterk gesentraliseerde hierargie en hul doel was om die
tsaar
se bewind omver te werp en die mag oor te neem. Die party het gewoonlik geweier om saam te werk met liberale en radikale partye (wat hulle "
bourgeois
") genoem het of later selfs met ander sosialistiese organisasies, hoewel Lenin soms taktiese bondgenootskappe aangegaan het.
Van Bolsjewisme na Kommunisme
[
wysig
|
wysig bron
]
Onder Lenin en Stalin was die woorde Bolsjewisties en Kommunisties sinoniem en die amptelike naam van die party was die Kommunistiese Party (Bolsjewiste). In 1952, by die XIX Partykongres, het Stalin egter verklaar dat hulle nie meer die bolsjewiste (meerderheid) is nie, maar die hele party. Die party is hernoem na die
Kommunistiese Party van die Sowjetunie
.
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel
en:Bolshevik
- ↑
Na die skeuring het die Bolsjewiste hulself RSDAP(b) (Russies: РСДРП(б)) genoem, waar "b" staan vir "Bolsjewiste". Kort nadat hulle in November 1917 die bewind oorgeneem het, het die party sy naam verander in die Russiese Kommunistiese Party (Bolsjewiste) (РКП(б)), algemeen bekend as die Kommunistiese Party. Eers in 1952 het die party die woord "Bolsjewiste" uit sy naam verwyder.
- ↑
Israel Getzler.
Martov: A Political Biography of a Russian Social Democrat
, Cambridge University Press, 2003 (eerste uitgawe 1967),
ISBN 0-521-52602-7
p.78