한국   대만   중국   일본 
Blou-Nyl - Wikipedia Gaan na inhoud

Blou-Nyl

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Blou Nyl )
Blou-Nyl
Die Blou Nyl-waterval (Tis Issat) naby die Tanameer, Ethiopië.
Die Blou Nyl-waterval (Tis Issat) naby die Tanameer , Ethiopie .
Die Blou Nyl-waterval (Tis Issat) naby die Tanameer , Ethiopie .

Die stroomgebied van die Wit- en Blou-Nyl.

Oorsprong Klein-Abayrivier/ Tanameer , Ethiopie
Ethiopiese Hoogland
Monding Saamvloei met die Wit-Nyl naby Khartoem , Soedan
Stroomgebied Ethiopie en Soedan
Lengte 1 450 km
Oorspronghoogte 2 744 m
Mondinghoogte 380 m
Gemiddelde afloop 2 349 m³/s
Stroomgebiedopp. 325 000 km²
Kaart van die Blou-Nylbekken in Afrika.
Kaart van die Blou-Nylbekken in Afrika.

Die Blou-Nyl ( Amharies : ???, ?Abbay , Arabies : ????? ??????, an-N?l al-Azraq ) is die tweede grootste sytak van die Nylrivier in Afrika . Dit is saam met die Wit-Nyl een van twee bronriviere van die Nyl. [1] Ofskoon sy gemiddelde afloop groter as die van die Wit-Nyl is, word die Blou-Nyl as grootste sytak beskou en nie as gelykwaardige bronrivier nie, terwyl die Wit-Nyl as die Nylrivier se hoofloop beskou word.

Saamvloei van die Blou- en Wit-Nyl naby Khartoem
Satellietbeeld van die Blou- en Wit-Nyl se saamvloei naby Khartoem

Die naam van die rivier is 'n onakkurate vertaling van die Arabiese woord Azraq , wat sowel "blou" as "donker" beteken. [2] Die donker kleur van die Blou-Nyl word deur die groot hoeveelheid fyn, korrelrige grondmateriaal veroorsaak wat uit die Ethiopiese Hoogland meegevoer word.

Die Blou-Nyl ontspring in Noord- Ethiopie suidoos van die Tanameer , vloei 800 km deur Ethiopie [3] en 650 km deur Soedan , waar die Blou-Nyl net suid van Khartoem met die Wit-Nyl saamvloei. Belangrike stede aan die rivier is Bahri , Khartoem en Omdoerman .

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. ( en ) Henri J. Dumont: The Nile: Origin, Environments, Limnology and Human Use . Monographiae Biologicae, Uitgawe 89, Dordrecht 2009 ISBN 1-4020-9726-3
  3. ( en ) "Climate, 2008 National Statistics (Abstract)" Geargiveer 13 November 2010 op Wayback Machine , Table A.1. Central Statistical Agency webwerf. Besoek op 23 Februarie 2015.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Blou-Nyl .
  • ( en ) "Blue Nile River" . Encyclopædia Britannica . Besoek op 26 April 2019 .