in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Anemie
, ook bekend as
bloedarmoede
, is 'n siektetoestand wat voor kom wanneer die aantal eritrosiete (
rooibloedselle
) en/of die hoeveelheid
hemoglobien
in die
bloed
verlaag.
Omdat die bloed nie die vereiste hoeveelheid suurstof vir
selmetabolisme
vervoer nie, is anemiese mense gou moeg, bleek, kortasem en kry gou koud.
Daar is oor die algemeen 4 maniere waarop mense anemies raak:
- 'n
Tekort aan stowwe wat deur die beenmurg benodig word
om rooibloedselle te vervaardig, bv. yster, foliensuur en
vitamien B12
. Yster is 'n noodsaaklike deel van 'n hemoglobienmolekule. As daar 'n ystertekort is, word dit ystertekort-anemie genoem.
- Siektes van die beenmurg
, bv.
leukemie
, of skade aan die beenmurg as gevolg van middels om kanker met chemoterapie te behandel.
- Die
buitengewone afbreek van rooibloedselle
in die bloedstroom, bv.
malaria
.
- Bloedverlies
, bv. tydens swaar menstruasie, traumas en inwendige parasiete soos wanneer kinders wurms het.
Ystertekort-anemie kan deur 'n gesonde dieet, wat vleis en groen groente insluit, behandel word. Ysteraanvullings kan ook geneem word.