in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
In kernfisika is
betaverval
(β-verval) 'n tipe
radioaktiewe verval
waar 'n betadeeltjie ('n
elektron
of
positron
) van 'n atoomkern vrygestel word. Betaverval is 'n proses wat die optimale verhouding van protone en neutrone in 'n
atoom
veroorsaak.
Betaverval word bemiddel deur die
swak krag
. Daar is twee subtipes betaverval: beta minus en beta plus. Beta minus (β
?
)-verval produseer 'n elektron, terwyl beta plus (β
+
)-verval die vrystelling van 'n positron veroorsaak; daar word dus daarna verwys as positronvrystelling.
'n Voorbeeld van elektronvrystelling (β
?
-verval) word gewys wanneer
koolstof-14
verval na
stikstof-14
:
![{\displaystyle \mathrm {~_{6}^{14}C} \rightarrow \mathrm {~_{7}^{14}N} +e^{-}+{\bar {\nu }}_{e}}](https://wikimedia.org/api/rest_v1/media/math/render/svg/148a389ff71b25a63157cd39123b5411b0e498fd)
'n Voorbeeld van positronvrystelling (β
+
-verval) word gewys met
magnesium-23
wat na
natrium-23
verval:
![{\displaystyle \mathrm {~_{12}^{23}Mg} \rightarrow \mathrm {~_{11}^{23}Na} +e^{+}+\nu _{e}}](https://wikimedia.org/api/rest_v1/media/math/render/svg/c956d982d5d8eacaefc74920011e98d72cc0e69f)