Bennington
is 'n dorp in en een van die twee
shire towns
(administratiewe setels) van die Bennington-distrik in die suidweste van die
Amerikaanse
deelstaat
Vermont
met 15 764 inwoners (2000).
Bennington was die eerste dorp in die gebied van die huidige deelstaat Vermont, wat in die jaar
1749
deur die destydse goewerneur van
New Hampshire
, Benning Wentworth, amptelik gestig en na homself vernoem is.
Die dorp staan hoofsaaklik bekend vir die Slag van Bennington, wat tydens die
Amerikaanse Rewolusionere Oorlog
plaasgevind het (en eintlik 'n paar myl verder wes in die staat
New York
geveg is). Op
6 Augustus
1777
het generaal John Stark se New Hampshire-burgermag met sowat 1 500 soldate 'n strydmag van 800 Duitse huursoldate, plaaslike Amerikaanse lojaliste, Kanadese en
Indiane
onder die bevel van die Duitse luitenant-kolonel Friedrich Baum verslaan. Alhoewel Duitse versterkings onder die bevel van luitenant-kolonel Heinrich von Breymann nog opgedaag het, is hulle aanval deur Seth Warner se
Green Mountain Boys
-burgermag uit Vermont afgeweer.
Daar is drie historiese gebiede in die dorp: Old Bennington, Downtown Bennington en North Bennington. Old Bennington is die oorspronklike nedersetting, wat in
1761
deur lede van die Kongregasionaliste-beweging uit Connecticut en Massachusetts gestig is, nadat hulle van hul moederkerk weggebreek het. Teen die begin van die
19de eeu
het Downtown Bennington begin ontwikkel, en in die jaar
1854
het die distrik se bevolking 18 589 beloop.
Die gedenkteken van die Slag van Bennington, wat 'n obelisk met 'n hoogte van 306 voet bevat, is in
1891
ingewy en het intussen 'n gewilde toeristebestemming geword.
Bennington beskik oor natuurlike hulpbronne en waterkrag en het al vroeg 'n sentrum van die houtverwerking en ander nywerhede geword. Die dorp staan landwyd bekend vir sy pottebakkerskuns,
yster
en tekstiele. Bennington-Kollege, een van die belangrikste tersiere onderwysinstellings in Vermont, is in
1932
gestig.
Volgens die Verenigde State se Sensusburo het Bennington 'n totale oppervlakte van 110 vierkante kilometer (42,5 vierkante myl), waarvan 109,9 vierkante kilometer land en 0,2 vierkante kilometer (0,1 vierkante myl) of 0,14 persent water.
Volgens die sensus van 2000 was daar 15 737 inwoners, 6 162 huishoudings en 3 863 gesinne in die dorp. Die bevolkingsdigtheid was 143,2 mense per vierkante kilometer (370,9 mense per vierkante myl). Van die bevolking was 96,96 persent Blankes, 0,63 persent Swartes, 0,25 persent Indiane, 0,95 persent Asiate, 0,02 persent Pasifiese Eilanders, 0,22 persent ander en 0,97 persent van gemengde afkoms.
Die belangrikste nywerhede van Bennington is vervoertoerusting, papier, plastiek, elektroniese komponente, tekstiele en pottebaksterware.
- Die
Bennington-museum
bewaar die historiese en kulturele erfenis van Vermont en bekoor met 'n versameling van vroee Americana, waaronder Amerikaanse meubels, skilderye en glasware; werktuie, poppe en ander voorwerpe. Spesiale versamelings behandel die militere geskiedenis, die naiewe skilderkuns van
Grandma Moses
en die plaaslike pottebakkerskuns. Daarnaas vind ook wisselende uitstallings plaas.
- Ander belangrike besienswaardighede sluit die eerste skoolhuis in Vermont, die Catamount-kroeg (die historiese vergaderplek van die
Green Mountain Boys
-burgermag gedurende die Amerikaanse Rewolusionere Oorlog), die drukkery van William Lloyd Garrison ('n stryder teen die slawerny) en die
Old First Church
uit die jaar 1805 in.