in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
- Hierdie artikel handel oor die geografiese streek in Suid-Asie. Vir die etniese groep, sien
Bengale (volk)
.
Bengale
of
Bongo
(
Bengaals
: ?????,
Bangla
, [baŋla],
luister
(
hulp
·
inligting
)
of ????
Bonggo
[b?ŋ?o];
Engels
:
Bengal
) is 'n gebied van
Suid-Asie
wat
Bangladesj
en die
Indiese
deelstaat
Wes-Bengale
insluit.
[1]
Dit vorm 'n geografiese en etnolinguistiese streek in die oostelike gedeelte van die
Indiese subkontinent
tussen die
Himalaja
in die noorde en die
Golf van Bengale
in die suide. Dit is suidoos van
Nepal
, suid van
Sikkim
, suidwes van
Bhoetan
en noordwes van
Mianmar
gelee.
Bengale is een van die digbevolkste streke ter wereld en hier mond die
Ganges
saam met die
Brahmaputra
in die Golf van Bengale uit. Die streek bestaan uit die onafhanklike land Bangladesj in die ooste en die Indiese deelstaat Wes-Bengale in die weste. Bengale beslaan 'n totale oppervlakte van 236 322 km² en het 'n bevolking van sowat 260 miljoen in 2015 gehad.
[2]
[3]
Twee van die wereld se megastede is in die streek gelee:
Dhaka
, die
hoofstad
van Bangladesj, en
Kolkata
, Indie se derde grootste stad.
Bengale se bevolking bestaan veral uit
Bengale
, wat Bengaals as
moedertaal
praat. Die Bengale van Bangladesj is oorwegend
Moslems
, terwyl die Bengale van Wes-Bengale oorwegend
Hindoes
is. Daarbenewens leef ander
etniese groepe
in Bengale wat
Austro-Asiatiese
,
Drawidiese
en
Tibeto-Birmaanse tale
praat.
Bengale het tot 1905 een van die subdivisies van
Brits-Indie
gevorm met Kolkata as sy hoofstad tot in 1912. Met die
Partisie van Indie
het Oos-Bengale met sy
Islamitiese
bevolking as Oos-Pakistan deel van
Pakistan
geword, terwyl die Hindoeistiese Wes-Bengale deel van die onafhanklike Republiek Indie geword het. Dit het tot 'n grootskaalse uitruiling van bevolkingsgroepe tussen Oos- en Wes-Bengale gelei. As gevolg van die Bengaals-Indiese oorwinning oor Pakistan tydens die Bangladesj Bevrydingsoorlog het Bangladesj in 1971 onafhanklik geword.