in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
- Hierdie artikel handel oor die kasteel en tronk. Vir ander gebruike, sien
Bastille (dubbelsinnig)
.
Die
Bastille
(wat eintlik "
versterkte
kasteel
met torings
" beteken) is voormalige vesting en
tronk
in
Parys
,
Frankryk
.
[1]
Tydens die heerskappy van koning
Lodewyk XVI van Frankryk
dien dit as staatsgevangenis en word dit 'n simbool van die dwingelandy van die absolutistiese monargie. Op 14 Julie 1789 bestorm die Paryse burgers die Bastille en verwoes dit. 'n Verdere styging in die reeds baie hoe
broodprys
het aanleiding tot die onluste gegee. Hoewel die betekenis van die bestorming destyds oordryf is, word dit as die begin van die
Franse Rewolusie
beskou. Hierdie gebeurtenis is van groot simboliese belang en word nog steeds in
Frankryk
as die
Fete Nationale
(Nasionale Dag) gevier. Van die Bastille self het niks oorgebly nie, behalwe vir sy ou sleutels wat vandag in die museum Hotel Carnavalet in Parys bewaar word.
Die Bastille is tydens die
Honderdjarige Oorlog
gebou en was aanvanklik 'n stadspoort. Van 1370 tot 1383 is dit vergroot en in 'n fort omskep. Dit is gebou om die oostekant van die stad en die koninklike paleis te verdedig. Na die oorlog is dit in 'n tronk omskep.
Louis XIII
was die eerste koning om gevangenes daar te interneer.
Die kompleks was in die vorm van 'n onreelmatige
reghoek
met agt
torings
. Hierdie torings het elk sy eie naam gehad:
- Tour du Coin
(Hoektoring)
- Tour de la Chapelle
(Kapeltoring)
- Tour du Tresor
(Skattoring)
- Tour de la Comte
(Graafskapstoring)
- Tour du Puits
(Puttoring)
- Tour de la Liberte
(Vryheidstoring)
- Tour de la Bertaudiere
- Tour de la Basiniere
Koordinate
:
48°51′11″N
2°22′9″O
/
48.85306°N 2.36917°O
/
48.85306; 2.36917