in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
B.P.J. Erasmus
|
---|
Gebore
| Barend Petrus Jacobus Erasmus
(
1930-12-15
)
15 Desember 1930
|
---|
Sterf
| 8 Februarie 2012 (op 81)
|
---|
Nasionaliteit
|
Suid-Afrika
|
---|
Beroep
| Skrywer
|
---|
Bekend vir
| Op Pad in Suid-Afrika
|
---|
Kinders
| 4
|
---|
Barend Petrus Jacobus Erasmus
(15 Desember 1930 ? 8 Februarie 2012) was ’n
Suid-Afrikaanse
skrywer
wat veral bekend is as outeur van die boek
Op pad in Suid-Afrika
.
Barend Petrus Jacobus Erasmus is op
15 Desember
1930
gebore. Hy verwerf grade in klassieke en moderne tale aan die
Universiteite van Stellenbosch
en
Kaapstad
, laasgenoemde verwerf hy summa cum laude. ’n Groot deel van sy loopbaan bring hy deur in die diplomatieke diens in
Den Haag
en
Londen
, waar hy onder meer inligtings-attache is. Verder is hy ook redakteur van verskeie tydskrifte, waaronder
Panorama
. Hy verhuis in
1989
na aftrede vanaf
Pretoria
na
Philipstown
, ’n dorp in die Bo-Karoo.
Hy was getroud en sy vier kinders, almal met universiteitsgrade, het almal na die buiteland geemigreer. Sy seun Johan sterf in 2007.
Hy is op
8 Februarie
2012
oorlede.
[1]
Die nege kerse van Magriet
is ’n roman oor ’n toekomstige
Suid-Afrika
.
[2]
Die Magriet van die titel is die vrou van Werner Jansen en die verhaal speel oor verskeie geslagte van die Jansen-familie af, terwyl die nege kerse verwys na die aantal naasbestaandes van Magriet wat omkom in die stryd teen ongeregtigheid in Suid-Afrika. Werner is eers diplomaat en later lid van die beweging wat die apartheidsregering in Suid-Afrika tot ’n val wil bring en sodoende ’n nuwe en beter toekoms vir al sy mense wil verseker, maar word eindelik deur die organisasie self verraai. Sy seun Freek sweer wraak en word eindelik leier van ’n ondergrondse terreur-organisasie (geborg deur Westerse regerings) wie se doel dit is om Suid-Afrika onregeerbaar te maak sodat dit nie ’n veilige hawe word vir internasionale terroristebendes wat korrupte regerings omkoop en sodoende ’n vastrapplek verkry nie. Die lede word hoofsaaklik gewerf onder Afrikaners wat geliefdes in geweld in die land verloor het. Dit is nie ’n groot roman nie, daarvoor is die karakterbeelding te eendimensioneel, die karakterontwikkeling te beperk en die dialoog propagandisties eerder as natuurlik. Die uitbeelding van die toekoms van die land is egter ontstellend, aangesien die korrupsie, selfverryking en verval wat daarin voorspel word en die feit dat dit by die stembus beloon en nie gestraf word nie, baie na aan die waarheid is soos dit alreeds binne die land ervaar word. Ons het dus hier te doen met ’n moontlik realistiese, al is dit 'n polities nie-korrekte, uitbeelding van die toekoms en hierdie feit maak dit dus tog ’n belangrike roman.
[3]
Op Pad in Suid-Afrika
(in Engels beskikbaar as
On Route in South Africa)
is ’n streek-vir-streekgids, waarin hy verslag doen van die magdom gehuggies, dorpe en stede wat Suid-Afrika so ’n interessante plek maak. Die oorsprong van plekname word in besonderhede beskryf, die karakter en aantreklikhede van plekke word geskets en die geskiedenis en interessante en informatiewe verhale van die plekke word vertel. Ingesluit in elke hoofstuk is gedetailleerde streekskaarte, aangevul met roete-aanwysings in die teks.
Barend Erasmus was ook die samesteller van ander naslaanwerke en vertaler van onder andere Philip Yancey se
Teleurstelling in God: drie vrae wat niemand hardop vra nie
en Henry Cloud en John Sims Townsend se
Grense: wanneer om ja te se en wanneer om nee te se om jou lewe onder beheer te kry
.
- Boeke
- Erasmus, Barend P.J. “Die nege kerse van Magriet” Verba Nova Philipstown Eerste druk 2006