Ibn Ru?d
??? ???
Averroes
|
|
|
|
Geboortenaam
|
Ab? 'l-Wal?d Mu?ammad
|
Gebore
|
(
1126-04-14
)
14 April 1126
Cordoba
, Al-Andalus, Almoravid-dinastie (nou Spanje)
|
Oorlede
|
10 Desember 1198 (op 72)
Marrakesj
,
Magreb
, Almohad-dinastie (nou
Marokko
)
|
Vakgebied
|
Islamitiese teologie, filosofie, wiskunde, medisyne, fisika, astronomie
|
Bekend vir
|
Rekonsiliasie van Aristotelianisme met Islam
|
Beinvloed deur
|
Aristoteles
,
Alexander van Aphrodisias
,
Philoponus
,
Al-Farabi
,
Ibn B?jja
,
Ibn Zuhr
|
Invloed op
|
Siger van Brabant
,
Boetius van Dacia
,
Thomas van Aquino
,
[1]
Maimonides
,
[2]
Baruch Spinoza
[3]
|
Ab? 'l-Wal?d Mu?ammad ibn A?mad ibn Rushd
, beter bekend as
Ibn Rushd
of as
Averroes
(Cordoba (
Spanje
),
1126
?
Marrakesj
(
Marokko
),
1198
) was 'n
Islamitiese
juris, dokter en
filosoof
. Van die vroee Islamitiese geleerdes was hy die mees beduidende kenner van die filosofie van
Aristoteles
.
Averroes was nie alleen 'n Aristoteles-kommentator by uitstek nie, maar toon homself as 'n ware
veelweter
. Hy was 'n meester in Islamitiese filosofie,
teologie
, die Malikiete reg, die Islamitiese regspleging,
logika
,
psigologie
en
politiek
. Hy was ook onderle in
Arabiese
musiekteorie,
geneeskunde
,
astronomie
,
geografie
,
wiskunde
,
fisika
en ruimte meganika. Sy filosofiese en religieuse skool staan bekend as averroisme. Hy word beskryf as die grondlegger van die sekularistiese gedagtegoed in
Wes-Europa
en as "een van die spirituele vaders van
Europa
."
Oor die afkoms van die familie van Averroes is nie veel bekend nie. Daar word getwyfel oor of hy van Arabiese of
Berberse
afkoms was. 'n Aanduiding van sy moontlike Arabiese afkoms is die minderwaardige manier waarop hy oor die Berbers geskryf het. In sy boeke verwys hy naamlik na die
albarbar
, wat barbaar beteken in Arabies. Dit was 'n benaming wat die bewoners van
Noord-Afrika
gekry het van die
Romeine
, wat tydens die Berberse dinastiee afgekeur word en nie meer gebruik word nie.
Averroes kom uit 'n familie van Malikiete regsgeleerdes; sy oupa Abdul-Walid Muhammad oorlede.
1126
) was die mees prominente regter van Cordoba onder die Almoravides. Sy vader, Abdul-Qasim Ahmad, neem dieselfde posisie in tot die kom van die Almohade-dinastie in
1146
.
Ibn Tufail ("Abubacer" in die Weste) stel Averroes aan die hof aan en aan Avenzoar (Ibn Zuhr), die bekende islamarts voor. Hulle word vriende. In
1160
word Averroes tot regter van
Sevilla
benoem. Daarna was hy in diens van verskeie howe, in Sevilla, Cordoba en in Marokko.
Hy skryf kommentaar op die Griekse filosoof Aristoteles en 'n mediese
ensiklopedie
. Jacob Anatoli vertaal sy werke uit die Arabies in die
Hebreeus
in die jare na
1200
.
Sy belangrikste filosofiese werk was
Tahafut al-Tahafut
, "Wartaal van die Verwardes", waarin hy die werke van Hamid Al-Ghazali weerle, die "
Tahafut al-falasifa
", "Wartaal van die Filosowe" waarin Al-Ghazali kritiek gelewer het op die filosofie. In 'n ander werk, "
Fasl al-Maqaal
" ('Die Definitiewe Verhandeling'), behandel hy die bewering van Ghazali dat daar 'n teenstrydigheid tussen die openbaringe van die profeet en die gevolgtrekkings van die filosowe was. Hy stel dat filosofiese aktiwiteite wel deeglik geoorloof is, en hy vind sy regverdiging in die
Koran
.
Averroes se rasionalistiese filosofie bots met die ortodokse visie van die Almohade
Kalief
Yaqub al-Mansur, wie hom aangesteld het as sy lyfarts maar hom uiteindelik verban uit Marokko en ook sy werke verbied. Sy werke word onder andere verbied omdat hy na die Noord-Afrikane verwys as barbare (Albarbar) wat as 'n groot belediging beskou word. Baie van sy werk in die
logika
en
metafisika
het permanent verlore gegaan as gevolg van sensuur.
Averroes probeer die sieninge van Aristoteles met die leer van
Islam
in ooreenstemming te bring. Volgens Averroes is daar geen konflik tussen
godsdiens
en filosofie nie. Hy was van mening dat mens die
waarheid
op twee verskillende maniere kan bereik, deur middel van filosofie of godsdiens. Hy glo onder meer in die ewigheid van die
heelal
.
Die werk van Averoes het nie verreikende of 'n blywende invloed op die latere islamitiese denke gehad nie, maar die vertaling van sommige werke in
Latyn
sou wel 'n diepgaande invloed op die Westerse-Christelike filosofie he.
Averroes is die beroemd as gevolg van sy kommentare op die werke van Aristoteles, wat in die Weste nouliks of nie meer voorhande was gedurende hierdie tyd nie. Voor
1150
was daar slegs 'n paar vertaalde werke van Aristoteles in Latyn in Europa beskikbaar. Danksy die Latynse vertalings van werke van Aristoteles in die
12de eeu
kry die Weste die werke weer terug.
Die werk van Averroes aangaande Aristoteles span byna oor drie dekades. Hy skryf kommentare op byna al die werk van Aristoteles behalwe sy
Politica
. Die Hebreeuse vertalings van sy werk het ook 'n duursame invloed op die Joodse filosofie. Die idees van Averroes word geassimileer deur
Siger van Brabant
en ander (veral aan die universiteit van
Parys
) binne die christelike skolastiese tradisie wat gedeeltelik op die logika van Aristoteles gebaseer was.
Thomas van Aquino
word deur sommige idees van Averroes beinvloed. Uit sy
Summa contra gentiles
blyk dat Thomas bekend was met Averroes se werke.
Averroes skryf ook kommentare op werke van
Plato
. Die oorspronklike Arabiese teks van sy kommentaar op Plato se
Die Staat
het verlore gegaan, maar daar is wel 'n aantal manuskripte van 'n Hebreeuse vertaling deur Samuel ben Yehuda van Marseille wat bewaar gebly het, asook 'n in die 16de eeuse uitgawe van 'n Latynse vertaling deur Jacob Mantinus van Tortosa.
? (fr) Joseph Ernest RENAN
Averroes et l'averroisme: essai historique
(1852, herz. uitg. 1861)
? (de) Max Joseph Heinrich HORTEN
Die Hauptlehren des Averroes: nach seiner Schrift: Die Widerlegung des Gazali
, uitg. A. Marcus und E. Webers Verlag, Bonn (1913)
? (fr) Leon GAUTHIER
Ibn Rochd (Averroes)
, uitg. Presses universitaires de France, Parys (1948)
? (en) Oliver LEAMAN
Averroes and his philosophy
, uitg. Clarendon Press, Oxford (1989)
ISBN 0-19-826540-9
? (en) Mourad WAHBA & Mona ABOUSENNA
Averroes and the Enlightenment
, uitg. Prometheus Books Amherst, NY (1996)
ISBN 1-57392-084-3
? (en) (de) (fr) Gerhard ENDREß & Jan A. AERTSEN (red.)
Averroes and the Aristotelian tradition: sources, constitution and reception of the philosophy of Ibn Rushd (1126-1198)
: proceedings of the fourth Symposium Averroicum (Cologne, 1996), uitg. Brill, Leiden (1999)
ISBN 90-04-11308-8