한국   대만   중국   일본 
Dalton (eenheid) - Wikipedia Gaan na inhoud

Dalton (eenheid)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Atoommassaeenheid )
John Dalton (1766 - 1844)

Die dalton (simbool: Da) is ’n standaardeenheid van massa op ’n atomiese of molekulere skaal en is aangewys as die "dalton" ter ere van John Dalton wat die eerste keer 'n atoomteorie voorgestel het. Dit is nie ’n SI-eenheid nie, maar omdat atoommassas baie klein is, is ’n spesiale eenheid daarvoor geskep. Dit word gedefinieer as 1 ? 12 van die massa van ’n ongebonde neutrale atoom van koolstof-12 , en volgens die 9 de uitgawe van die SI-brosjure het dit ’n waarde van 1,660 5 39 0 66 6 0(50) × 10 −27   kg . [1]

Volgens die 8 ste uitgawe van die SI-brosjure was die name "dalton" en " verenigde atoommassaeenheid " alternatiewe vir dieselfde hoeveelheid, maar in die 9 de uitgawe, wat veranderinge in die definisies van die kilogram, ampere, kelvin en mol weerspieel, is die naam "verenigde atoommassaeenheid" na 'n voetnoot verwys.

Een dalton is min of meer die massa van een nukleon (of ’n enkele proton of ’n enkele neutron ) en is numeries gelyk aan 1 g/mol. [2]

Die atoommassaeenheid, met die afkorting ame of amu (van die Engels " atomic mass unit ") en sonder die "verenigde" vooraan, is tegnies ’n verouderde term wat op suurstof gebaseer was en reeds in 1961 vervang is. Sommige bronne gebruik egter steeds die afkorting amu, maar dit verwys eintlik na u (dus gebaseer op koolstof-12). [3] [4]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Le Systeme international d’unites (SI) / The International System of Units (SI) (PDF) (in Frans/Engels). Sevres, Frankryk: Internasionale Buro vir Mate en Gewigte . 2019. ISBN   978-92-822-2272-0 . {{ cite book }} : AS1-onderhoud: onerkende taal ( link )
  2. Berg, Jeremy M.; Tymoczko, John L.; Stryer, Lubert (2007). "2". Biochemistry (6th uitg.). New York: Freeman. p. 35. ISBN   978-0-7167-8724-2 .
  3. Chang, Raymond (2005). Physical Chemistry for the Biosciences . p. 5. ISBN   978-1-891389-33-7 .
  4. Kelter, Paul B.; Mosher, Michael D.; Scott, Andrew (2008). Chemistry: The Practical Science . Vol. 10. p. 60. ISBN   0-547-05393-2 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]