in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Astrachanse Jode
is mense van
Joodse
oorsprong en
geloof
wat in
Astrachan
woon, 'n multikulturele stad in Suidwes-
Rusland
wat eens 'n onafhanklike
khanaat
was. Alhoewel hulle tot verskeie subetniese groepe behoort, soos
Asjkenasiese
,
Sefardiese
en
Bergjode
, vorm Astrachanse Jode 'n verenigde gemeenskap met 'n gedeelde identiteit.
Die
Middeleeuse
Chasare
was die eerste Joodse groep wat gewoon het in wat nou Astrachan is, maar die huidige Joodse gemeenskap van die stad het 'n baie korter geskiedenis. Volgens die plaaslike historici, was Lejba Davidof die eerste Asjkenasiese Jood om hom in Astrachan te vestig sedert 1579, toe die streek deur Rusland verower en gekoloniseer is. Davidof het uit Witebsk in die huidge
Belarus
na Astrachan verhuis, nadat die Russiese regering in 1771 toegelaat het dat Jode na die stad immigreer.
[2]
In die 1850's het die stad 'n toestroming van
Bergjoodse
immigrante van die
Kaukasus
-gebied beleef. Baie van hulle het hulle gevestig in die sudelike deel van Astrachan se oustad,
Beli Gorod
. Die hoogste konsentrasie van Joodse huishoudings was in die huidige Sjaumjan-straat, wat destyds algemeen na verwys is as die "Jodestraat" of "Jodebuurt". Die enigste
sinagoge
in Astrachan, wat tot vandag toe aktief is, is in die nabygelee Babusjkin-straat.
[3]
Alhoewel daar vier historiese sinagoges in die stad was, funksioneer deesdae net een. Ten spyte van sy name "Sfard", wat van die etnoniem van die Sefardiese Jode kom, het hierdie sinagoge 'n Asjkenasiese rabbyn en behoort dit tot die Chassidiese Chabad-beweging.
[4]
In 2019 het die Sfard-gemeenskap die eerste mikve (ablusiebad) in 90 jaar gekry.
[5]
Bekende Astrachanse Jode
[
wysig
|
wysig bron
]