한국   대만   중국   일본 
Assiriese Kerk van die Ooste - Wikipedia Gaan na inhoud

Assiriese Kerk van die Ooste

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Assiriese Kerk van die Ooste , amptelik die Heilige Apostoliese Katolieke Assiriese Kerk van die Ooste , [1] is ’n Siriese kerk wat histories gesentreer was in Assirie in Noord- Mesopotamie . Anders as ander kerke wat hul oorsprong terugvoer na die antieke tyd, is die moderne Assiriese Kerk van die Ooste nie in gemeenskap met enige ander kerk nie ? nie die Oosters-Ortodokse , Orientaal-Ortodokse of Katolieke Kerk nie.

Die huidige hoof van die kerk is die katolikos-patriarg van die Assiriese Kerk van die Ooste, Mar Dinkha IV . Onder hom val ’n paar biskoppe, priesters en diakens in gemeentes regdeur die Midde-Ooste , Indie , Noord-Amerika , Oseanie en Europa . Die kerk word teologies verbind aan die leerstelling van Nestorianisme , en dit het tot gevolg dat dit ook bekend is as die Nestoriaanse Kerk , hoewel kerkleiers die naam verwerp.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. An Introduction to the Christian Orthodox Churches, deur John Binns, bl. 28 [1]

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia