in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Arnoldus Pannevis.
Arnoldus Pannevis
was een van die baanbrekers van die Afrikaanse taal. Hy kan met reg die vader van die Eerste Taalbeweging genoem word. Nie alleen het hy op die toekomstige leiers 'n groot invloed uitgeoefen nie, maar deur sy briewe oor die
Bybel
in Afrikaans, die van 1872 en weer van 1874, is die voorstanders van die skryf van Afrikaans bymekaargebring en dit lei tot die stigting van die
Genootskap van Regte Afrikaners
.
[1]
Pannevis is in
1838
in
Ouderkerk aan den IJssel
in
Nederland
gebore en begin sy loopbaan in die Nederlandse Vloot, maar het dit laat vaar om vir predikant te leer weens swak gesondheid. Toe hy van die geleenthede in
Suid-Afrika
te hore kom, het hy daarheen geemigreer en kom op
11 Julie
1866
in
Kaapstad
aan om die pos van onderwyser in
Latyn
en
Grieks
aan die
Paarlse
Gimnasium
te aanvaar. Hier was een van die grondleggers van die Afrikaanse taal, (die latere ds.)
S.J. du Toit
, een van sy leerlinge.
Pannevis was goed onderle in
Nederlands
,
Grieks
,
Latyn
,
Engels
,
Frans
en
Duits
, met 'n redelike kennis van
Italiaans
,
Spaans
,
Deens
en
Sweeds
.
Pannevis het weldra begin belangstel in wat toe as "Die Taal" bekendgestaan het en publiseer in
1872
sy pleidooi om die vertaling van die Bybel in
Afrikaans
. Sy brief in
De Zuid-Afrikaan
het drie jaar later gelei tot die stigting van die
Genootskap van Regte Afrikaners
, wat die beweging begin het vir die erkenning van
Afrikaans
as 'n volwaardige taal.
Hy het hierna self in Afrikaans begin skryf en is op
14 Augustus
1884
oorlede.
- Du Toit, L.E. 2008. Afrikaans: Neem uit die verlede...
Afrikaner
, 26 Junie: 6.
- Noordegraaf, Jan. 2004. 'De Afrikaanse connectie van Taco H. de Beer. II. De 'verlore bladsye' van Arnoldus Pannevis'.
Trefwoord, tijdschrift voor lexicografie
(www.fa.knaw.nl/trefwoord), April 2004.
- Noordegraaf, Jan. 2004. 'Van 'Kaapsch Hollandsch' naar 'Afrikaans'. Visies op verandering'.
Taal in verandering. Artikelen aangeboden aan Arjan van Leuvensteijn bij zijn afscheid van de opleiding Nederlandse Taal en Cultuur aan de Vrije Universiteit Amsterdam
. Onder redactie van Theo Janssen, Saskia Daalder & Jan Noordegraaf. Amsterdam: Stichting Neerlandistiek VU & Munster: Nodus Publikationen 2004, 169-184.(
http://hdl.handle.net/1871/10523
).
- Rosenthal, Eric
. 1966.
Southern African Dictionary of National Biography
. London: Frederick Warne & Co. bl. 284.
- ↑
(
af
)
Kritzinger, dr. M.S.B. 1931.
Plateatlas by die Afrikaanse letterkunde
. Pretoria: J.L. van Schaik, Bpk.