Die
Arbeidersparty
was 'n politieke party in
Suid-Afrika
van
1910
tot ongeveer
1958
, hoewel die party nooit amptelik ontbind het nie.
Die Arbeidersparty is in
Januarie
1910
, enkele maande voor
Uniewording
gestig uit die samesmelting van twee kleiner Arbeiderspartye in die Kaapkolonie en
Transvaal
. Die eerste leier was kol.
F.H.P. Creswell
en die eerste voorsitter
Henry Sampson
. Die party het hom daarop toegespits om wit werkers se regte teen die van gekleurde werkers (swart, bruin, Indier en Chinees) te beskerm. Die party was dus uit die staanspoor 'n voorstander van rasseskeiding en -
diskriminasie
.
Teen die einde van die
1923
, toe die regerende
Suid-Afrikaanse Party
in die knyp was oor sy hantering van swart onrus en die Randse opstand, het die Arbeidersparty 'n koalisie-ooreenkoms met die
Nasionale Party
van genl.
J.B.M. Hertzog
gesluit. In die verkiesing op
17 Junie
1924
verower die party 18 setels en 13,4% van die stemme. Creswell en
Thomas Boydell
is in die kabinet ingesluit.
Die party skeur in
1928
in die sogenaamde Hoofbestuursgroep en die Creswelliete. Dit was oor 'n verskil in die vertolking van die party se beginselprogram, maar het in werklikheid op persoonlikhede neergekom.
Walter Madeley
weier om uit die kabinet te bedank toe genl.
Hertzog
ontevrede is omdat hy 'n afvaardiging ontvang het wat hom kom spreek het oor die werksomstandighede van swartes in sy departemente. In die verkiesing op
18 Junie
1929
word 3 Hoofbestuurslede en 5 Cresswelliete verkies. Hoewel die
Nasionale Party
toe 'n volstrekte meerderheid geniet het, is twee Cresswelliete nietemin weer in die kabinet ingesluit.
Die verdeeldheid duur voort in die sogenaamde Koalisie-verkiesing op
17 Mei
1933
, maar na die samesmelting van die
Nasionale Party
en
Suid-Afrikaanse Party
op
5 Desember
1934
in die
Verenigde Party
, verloor die Arbeidersparty sy relevansie. Twee kandidate van elke groep was in die verkiesing suksesvol, maar in
1938
se verkiesing haal slegs drie van die weer verenigde party se kandidate die paal. Toe genl. Hertzog se mosie van neutraliteit in die
Tweede Wereldoorlog
verslaan word, bedank hy as eerste minister en word opgevolg deur genl.
Jan Smuts
, wat
Walter Madeley
as minister van arbeid aanstel. Hy beklee die amp tot sy aftrede in 1945.
Die party vaar aansienlik beter in die verkiesing op
7 Julie
1943
toe nege kandidate slaag. Kandidate wen in die kiesafdelings
Oos-Londen
-Stad,
Durban
-Umbilo,
Durban-Noord
,
Benoni
,
Germiston
,
Fordsburg
,
Krugersdorp
, Suid-Rand en
Mayfair
. In
1948
wen die party ses setels en in
1953
vyf, maar trek in
1958
met net twee kandidate slegs 0,24% van die totale stemme en verdwyn kort daarna van die toneel sonder om formeel te ontbind.
Die Arbeidersparty se sukses by die stembus van 1910 tot 1958:
- 1910
: 4 setels, 11 549 stemme
- 1915: 4 setels, 25 690 stemme
- 1920: 21 setels, 39 917 stemme
- 1921: 9 setels, 29 584 stemme
- 1924: 18 setels, 42 853 stemme
- 1929: 5/3 setels, 23 897/9 664 stemme (Cresswelliete en Hoofbestuur)
- 1933: 2/2 setels, 13 930/8 626 stemme (Hoofbestuur en Koalisie)
- 1938: 3 setels, 7 008 stemme
- 1943: 9 setels, 43 019 stemme
- 1948: 9 setels, 32 164 stemme
- 1953: 4 setels, 34 730 stemme
- 1958: 0 setels, 2 670 stemme
- Saunders, Christopher C. (raadgewende red.). 1994.
An Illustrated Dictionary of South African History
. Sandton: Ibis Books and Editorial Services cc.
- Mostert, J.P.C. 1986.
Politieke Partye in Suid-Afrika
. Bloemfontein: Instituut vir Eietydse Geskiedenis, U.O.V.S.
- Van der Spuy, D.C. (hoofred.). 1975:
Amptelike Jaarboek van die Republiek van Suid-Afrika
(Eerste Uitgawe). Pretoria: Departement van Inligting.
- Haywood, J.J. L.V. (red.). 1944.
Die Afrikaner-gids
. Bloemfontein: Die Afrikaner-gids (Edms.) Beperk.
- Schoeman, B.M. 1977.
Parlementere verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976
. Pretoria: Aktuele Publikasies.