in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Apollo 12
was die sesde bemande sending in die
Verenigde State van Amerika
se
Apollo-program
en die tweede wat mense laat land het op die maan. Dit is op
14 November
1969
vanaf die
Kennedy Ruimtesentrum
in
Florida
geloods, vier maande na die suksesvolle
Apollo 11
-maansending. Die bevelvoerder was
Pete Conrad
en die vlieenier van die
maanmodule
was
Alan Bean
. Hulle het albei net meer as een dag en sewe uur op die maan oppervlak verskeie aktiwiteite uitgevoer terwyl die
bevelmodule
met
Richard F. Gordon
om die maan bly wentel het. Die landingplek vir die sending was gelee in die suidooste van die "Oseaan van Storms" op die maan.
In teenstelling met die eerste maanlanding met die "Eagle"-tuig van Apollo 11, het Conrad en Bean 'n presiese landing op hul verwagte posisie gemaak, die staanplek van
Surveyor 3
, 'n onbemande ruimtetuig, wat op 20 April 1967 daar geland het. Hulle het die eerste kleurtelevisiekamera na die maanoppervlak geneem, maar die uitsending is onverwags beeindig nadat Bean per ongeluk die kamera vernietig het deur dit na die
son
te rig. Op een van die twee uitstappies het hulle die
Surveyor
besoek en 'n paar onderdele verwyder vir terugname na die aarde. Die missie het op 24 November geeindig met 'n suksesvolle waterplonsing van die kapsule in die
Stille Oseaan
. Die bemanning is deur die
USS Hornet (CV-12)
opgepik.
- Gelanseer:
14 November
1969
vanaf Kennedy platform 39A
- Terugkeer:
24 November
1969, Suidelike Stille Oseaan
- Bemanningslede: Charles "Pete" Conrad, kommandeur; Richard Gordon, beheermodule-vlieenier; Alan Bean, maanmodule-
vlieenier
.
- Bevelmodule: Yankee Clipper
- Maanmodule:
Nie bekend
- Maanlandingsarea: Sea of Storms
Maanmuseum
|
---|
|
Lanseerkompleks
| | |
---|
Grondfasiliteite
| |
---|
Lanseertuie
| |
---|
Ruimtetuie en karretjie
| |
---|
Vlugte
| Onbeman
| |
---|
Beman
| |
---|
Saturn-
ontwikkeling
| |
---|
Aborteertoetse
| |
---|
Pegasusvlugte
| |
---|
|
---|
Apollo 8 spesifiek
| |
---|
Apollo 11 spesifiek
| |
---|
Apollo 12 spesifiek
| |
---|
Apollo 13 spesifiek
| |
---|
Apollo 14 spesifiek
| |
---|
Apollo 15 spesifiek
| |
---|
Apollo 16 spesifiek
| |
---|
Apollo 17 spesifiek
| |
---|
Post-Apollo
kapsule gebruik
| |
---|
- Simbool
†
dui mislukking of gedeeltelike mislukking aan
|